Wie is Tiaan?

Geboortedatum: 24-12-1992

Dis effens awkward om myself te moet beskryf, want gewoonlik love ek dit om oor myself te praat.

Ek is ‘n onderwyser by ‘n Laerskool in Evander (as jy nie weet waar dit is nie, good for you). Ek is baie lief vir kinders en hoewel ek ten minste eenkeer ‘n dag sê “Ek sal daai flippen ____________ vrek maak!” wil ek elke keer huil as hulle uit my klas uit loop en ek nie weet waarheen hulle op pad is nie.

Ek is ‘n super-liberalis; nie omdat ek dink dis cool nie (on the contrary), maar omdat ek glo in justice en equality en soms (meeste van die tyd) het ek opinies oor goed waaroor ek niks weet nie, want ek weet een ding, en dit is dat ons almal dieselfde verdien.

Ek glo in hoop, maar ek hoop ook soms heeltemal te veel en dan verander my geloof in baie donker gedagtes in.

Ek is lief vir musiek; live musiek, harde musiek, hartseer musiek, stadige musiek. Ek sing saam met alles.

Ek hou nie baie van tande borsel nie, al van kleins af.

Ek lewe met depressie en ongelooflike angs, op ‘n daaglikse basis raak “alles” vir my te veel.

Ek lewe, en solank as wat ek lewe gaan ek sorg dat ek iets doen daarmee.

Dit is ek. Enige vrae?

%d bloggers like this: