The road less traveled…

Dit is die laaste dag van 2020; ‘n jaar wat soveel dinge gebeur het. Dit is vreemd om te dink dat omtrent Junie vanjaar het ek een dag vir GJ gesê dat hoewel dit ‘n regtige slegte jaar vir die wêreld is, is dit ‘n redelike suksesvolle jaar vir my; Ek het baie gewig verloor; ek het my mental health onder beheer gekry; ek het ‘n departementele pos by my skool gekry; ek was beroof, maar het as gevolg daarvan ‘n nuwe iPhone gekry (en ook ‘n Apple Watch toe hulle my gesteelde foon weer opspoor). Fast forward so vier maande waar ek staan en kyk hoe die jaar toe nou sy storms op my ook loslaat en alles om my stadig inmekaar getuimel het.

Hier sit ons nou aan die einde van die jaar, geen hoop dat 2021 enigsens makliker gaan wees as hierdie jaar nie, maar tog optimisties dat dinge werklik nie kan slegter gaan nie.

Ek het besluit om die jaar af te sluit met ‘n storie oor ‘n avontuur wat ek en GJ gehad het tydens ons Desember wegbreuk, wat baie mooi uitbeeld hoe opwindend die lewe kan wees binne-in totale chaos.

Ons het al in Augustus ons vakansie begin beplan. Ons is nogal mal oor die wildtuin en het so jaar gelede ook begin belangstel in voëls kyk (jy’s nie die eerste een wat daai grappie wil maak nie, so moet nie). Ons sien altyd die suide van die wildtuin en het hierdie keer besluit om heel Noord op te gaan en ons pad deur die wildtuin te neem tot in die suide, waar ons dan ‘n week saam met familie en vriende in Marloth Park gaan spandeer.

Pafuri-hek is basies teen die grens van Zimbabwe. Daar is niks. Letterlik niks. Ek het vir ‘n paar weke lank verblyf gesoek so naby as moontlik aan die Pafuri-hek sodat ons die dag voor ons vakansie kan opry tot daar, en die volgende oggend die wildtuin ingaan as die hekke oopmaak.

Ons itinerary het as volg gelyk:

20 Desember – Ry tot by Pafuri-hek en slaap oor.

21 Desember – Ry die eerste stretch van Pafuri tot by Satara-kamp en slaap daar oor.

22 – 27 Desember – Ry die res van die wildtuin af en dan sou ons in Marloth Park bly vir die week, met twee dag-trips terug in die wildtuin in saam met familie.

Hier is hoe dit gegaan het.

Ek het uiteindelik so week voor ons vertrek ‘n blyplek naby Pafuri-hek gekry (18km van die hek af); ‘n pragtige tent-kamp met ongelooflike uitsigte. Dit kom teen ‘n redelike prys, maar ons besluit dit klink soos ‘n avontuur en ons bespreek die plek.

Toe die booking confirmation aan my gestuur word is daar so klein footnote aan wat gaste in kennis stel dat die “lodge” slegs bereikbaar is met ‘n 4×4. My ou arme Figo het al baie deurgegaan die jaar, en ek het nie kans gesien om haar nog daar ook op te forseer nie.

Ek het onmiddelik die plek gevra of daar ‘n plan gemaak kan word waarop die eerste antwoord toe is dat ons die kar op ‘n sekere plek kan los, hulle dan vir ons ‘n bakkie daar sal los om by die lodge te kom, en ons moet net die petrol betaal. Nadat ek gevra het hoeveel die petrol gaan kos het ek geen antwoord gekry nie.

So dag later het ek weer gevra vir hulp, waarop ek toe antwoord gekry het dat ek vir Daniel kan bel (hy werk vir die “lodge”) en hy sal ons van ‘n punt af neem na die “lodge” en terug na ons kar toe teen R400 one-way. Fokkit.

Die dag voor ons vertrek bel ek vir Daniel en hy bevestig dat hy ons inderdaad sal optel, maar dat ons die betaling kan bespreek wanneer ons daar kom.

Op pad; dag een van die avontuur.

Op die 20ste is ek en GJ al vroegoggend weg uit Pretoria uit. Ons travel lekker. Kry vir Marike en Geran op Tshipise vir ‘n bier. Marike kyk na die “aanwysings” wat aan ons gestuur is (continue until the road ends, travel through a few villages, turn right at the big tree) en sê net “julle gaan regtig IN Venda in.”

Van Tshipise af verder Noord is daar niks. Kremetartbome, so paar villages, maar niks. Ons draai regs by die polisiestasie, volg die pad tot hy eindig en klim op die grondpad, ry deur twee villages en vra toe eventually vir ‘n aankomende kar dat ons is opsoek na Guyuni village en hoop ons is op die regte pad. Die man verduidelik dat ons nog moet aanhou, by die volgende village is Guyuni. Ons bedank die man en ry verder.

In Guyuni is daar geen selfoon-opvangs nie. Ek en Daniel probeer mekaar bel, maar kom nie deur nie. Uiteindelik sien ons ‘n Land Cruiser wat verdwaald rondry. Hy sien ons ook. Dit is Daniel. Hy gee my instruksies om hom te volg tot by die plek waar ons my kar sou los.

Langs die village-kaffee, onder ‘n boom, los ons my kar. Ek is redelik histeries want die bakkie staan en wag vir ons, so ons gryp die tas (moerse tas, want hy is gepak vir tien dae se vakansie), my rugsak (al ons chargers, pille, muskiet-goed en kamp-lampe is daar binne) en die koelerboks (drank en herderspastei wat my ma vir ons gebak het) en gooi dit op die Cruiser. GJ klim voor in die passassier-sitplek langs Daniel en ek en my blou hare spring agterop saam met ‘n ander dame, haar kind, nog ‘n man en klomp bagasie.

Die Cruiser ry omtrent so dertig minute met ons nog dieper in die bosse in, teen berge op en deur riviere. Uiteindelik kom ons by die “lodge” aan. Dit is om en by 44 grade Celsius en ek merk onmiddelik op dat die plek nie ‘n swembad het nie. Daar is ook nie ander mense nie. Dit is baie Wrong Turn vibes wat afgegee word.

Die ander man wat op die Cruiser was, Daniel se boetie, neem ons na ons tent toe vir die aand en stel ons in kennis dat hier geen elektrisiteit is nie. Daar is in die kombuis-area ‘n gas-vrieskas en gas-stoof. Hier is baie slange en skerpioene so moet asseblief nie in die donker buite rondloop nie. Moenie die water drink nie, jy sal doodgaan, hier is sulke 25-liter kanne vol warm water wat drinkbaar is en as jy selfoon-opvangs soek, sal jy die koppie moet uitklim.

Die view vanaf die “lodge”
Ons stoepie.

Daniel stel ons in kennis dart hy weer gaan ry en vra hoe laat hy ons moet optel die volgende oggend. Ek, natgesweet en histeries, vra dat hy ons vier uur optel (ek het in my kop somme gedoen en as ons vier uur hier wegkom is ons 05:30 by die Pafuri-hek as dit oopmaak). Daniel sê dat vier uur onmoontlik is, maar dat hy ons vyf uur sal kan optel. Ons stem in.

Die res van die aand sit ek en GJ met plastiek lepels en die koue herderspastei eet, drink moerse slukke van die warm kan-water, en gaan sit (basies sonder klere) op ons stoep en wag vir die tyd om verby te gaan. Omtrent 19:30 drink ons elkeen “n slaappil en pak die hittige slaap aan. So skuins na drie die volgende oggend word ek wakker. My kussing is blou van al die sweet die vorige aand. Dit reën, maar die temperatuur het nie enigsens gedaal nie. Ek kan nie nog slaap nie en besluit om maar op die stoep te gaan sit en my kindle te lees.

Die reën is mooi, maar dit bly warm.

Half vyf maak ek vir GJ wakker en ons begin haastig stort en pak. Vyf uur sit ons gereed op die stoep en wag vir Daniel. Kwart oor vyf. Half ses. Kwart voor ses kom Daniel se broer aangeloop en wonder waar Daniel is. Net voor ses hoor ons die bakkie aanry, ons wag nie eers nie, maar loop tasse en al die reën binne om hom by sy bakkie te ontmoet.

Laaste foto voor Daniel ons kom haal het.

GJ klim voor in saam Daniel, ek en die bagasie klim agterop. Dit reën. Hard.

Ek staan agter op die bakkie en neem ‘n bewuste besluit om nie toe te laat dat hierdie my dag of vakansie spoil nie. Ek glimlag en waardeer die feit dat ek in die middel van nêrens agterop ‘n Cruiser deur die bos kan ry in die reën. Sowat tien minute van die lodge af kom die Cruiser tot stilstand. Ek klop teen die venster en vra wat gebeur het, GJ rol versigtig sy venster af en stel my in kennis dat ons sonder Diesel gaan staan het. “Jy grap seker?” vra ek en voel hoe my moed, saam met die reënwater, in my sokkies in loop.

Plan A: Daniel besluit dat hy terug gaan loop na die “lodge” toe en die ekstra diesel wat hulle het vir die generator gaan kry. Ek klim voor in die Cruiser by GJ en ons sit en wag. Na so rukkie kom Daniel en sy broer teruggeloop (sonder diesel) en stel ons in kennis dat daar geen diesel is nie.

Plan B: Die eerste village van ons huidige staanplek af is sowat drie kilometer weg, en daar is ‘n man met ‘n bakkie, hulle sal hom gaan roep. Ek besluit dis ‘n mors van tyd om hier te wag en ons sal eerder saam stap. Tas, koeler en rugsak stap die vier van ons die paadjie deur die bosse na die eerste village. Toe ons by die man se huis kom is dit duidelik dat nie hy of sy bakkie tuis is nie.

Ons kry ons steps in.
Ons glimlag nog, al het Plan A en Plan B geflop.

Plan C: Daniel se boetie ken ander mense in die village. Hulle het ‘n donkie kar. Ons stap aan tot by die mense. Ons kry die donkie kar, maar nêrens is ‘n donkie te vinde nie. Hierdie kan nie erger raak nie.

Ek pose langs die bagasie terwyl Daniel se broer donkies soek.

Plan D: Ek en Daniel se broer gaan aanstap tot by die village waar my kar staan, nog so vyf kilometer, terwyl GJ en Daniel met die bagasie wag by die bakkie-lose village. Ek stel my horlosie op “Outdoor Walk” laat ek ten minste my steps kan inkry, en ons begin stap.

Na elke heuwel smeek ek dat dit asseblief die laaste een is, maar dan is daar nog een. Daniel se boetie vertel my van krokkedille, Venda tradisies, die regte naam vir ‘n Shongololo, en so elke nou en dan gooi hy ‘n tantrum oor hoe onverantwoordelik Daniel is.

Uiteindelik kom ons so 07:45 by my kar aan. Sopnat gereën/gesweet, my hande is blou soos ek die sweet (en die haarkleur) van my kop af probeer vee. Ek en Daniel se broer klim in die kar, sit die aircon op full blast, down die bottel water wat oor is van die vorige dag, en ry terug na GJ en Daniel.

Toe ek vir GJ opgetel het en die kar gelaai is staan Daniel en sy boetie ons en aankyk asof ons nou moet betaal vir hierdie diens. Ons het geen kontant by ons nie, maar sê dat ons sal geld oorplaas vir die “lodge” wat vir hulle gegee moet word (ek en GJ sal later baklei oor of ons actually vir hulle gaan geld gee).

Ons is op pad.

Uiteindelik het ons so net na nege die oggend Pafuri-hek bereik, moedeloos en opgewonde.

Die res van ons vakansie was ook ‘n moerse avontuur, maar hierdie spesifieke verhaal was wat ek wou deel.

Ons volgende aand was BIETJIE makliker, maar glad nie minder warm nie. Satara ruskamp.

Ek voel op die oomblik soos ek gevoel het by Pafuri-hek. Moedeloos en opgewonde.

2021 lê soos ‘n berg voor ons almal, en niemand weet wat vir ons wag nie, maar ek gaan probeer om elke liewe situasie as ‘n geleentheid te sien om my steps in te kry, my perspektief te verander en my gedagtes te verbreëd. Ek gaan probeer om elke terugslag te gebruik as ‘n wegspringblok in plaas van ‘n gewig en ek gaan hard werk om volgende jaar, hierdie tyd, ‘n ander mens te wees as wat ek tans is.

Rus, lag en verstaan meer in 2021. Dit is my wens vir almal om my.

Published by TiaanGrey

Teacher and undeniable hopeful.

5 thoughts on “The road less traveled…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: