Hêppie Hour

“Health Retreat” dag 2-4!

Vrydag oggend was ek 05:30 klokslag wakker gemaak om my bloeddruk te neem. Ek is ook in kennis gestel dat ek vir bloedtoetse moet gaan so ek mag nie ontbyt eet voor dit gedoen is nie. Ek het summier opgestaan, gestort, my mooi-moois aangetrek, bed opgemaak, waterbottels volgemaak en op aandag gaan staan en wag vir my afspraak met Dr. Malherbe. (Ek besef sopas sy naam het die woord ‘mal’ in. hahaha)

My oggend-roetine.

My afspraak met my dokter was 07:00. Daarna was ek vir bloedtoetse. Ontbyt was eiers en ‘n viskoekie? Asof ons nie mal genoeg is nie. Wie de moer eet vis vir ontbyt? Anyway, dit was lekker.

My eerste klas wat ek moes bywoon was oor Temperament, maar toe moet ek die een terapeut gaan sien in dieselfde tyd. Die sielkundige wat ek hier sien is Tania, en sy is nogal all over the place; ek’t daar uitgestap met whiplash. Ek dink my ma sal haar love. Ek het Temperament klas gemis.

My volgende klas was oor Boundaries, iets wat ek definitief nodig het. Halfpad deur die klas moes ek loop om ‘n ander terapeut te gaan sien, en die groep-klas-tannie was NIE happy oor ek haar klas afskeep nie. Obviously ken ek nog nie boundaries en hoe om hulle toe te pas nie. Ons moes elkeen ‘n scenario gee uit ons eie lewe uit waar ons sukkel om boundaries te stel; my voorbeeld was hoe om reëls in ‘n klas te enforce. Die advies wat ek gekry het was basies dieselfde as by elke SAOU-opleidingsessie; “Wees konsekwent”. Dankie, julle. Dit help baie.

Vrydagmiddag was daar ‘n klas genaamd “Mental Health and Spirituality” wat my nogal geïntereseer het, en toe ek daar kom is dit basies soos kerk. Ek het my alarm gestel vir tien minute en toe hy afgaan gesê “O gits, ek’t vergeet ek’t ‘n sielkundige afspraak.” Ek en my Ziploc-sakkie gaan rook toe maar.

Die meisie in die kombers is ook Vrydag ontslaan. Ek voel persoonlik dat mense wat in komberse rondloop nie gereed is om huis toe te gaan nie, maar wat weet ek?

Ek het nog vriende gemaak; daar is die vrou van Secunda (ek het ingestem om vir haar kind ‘n toespraak te skryf, so obviously suck ek met boundaries); die vrou van Heidelberg wat love om vir my koffie te maak en ook heeltyd die tannie in die rolstoel wat psigoties is vloek; daar is die ou van die Moot wat op 21 getroud was en op 22 weer geskei was, hy eet ook elke vyftien minute weer ‘n pie en sê dan net “Ek groei nog” waarop die agtien-jarige meisie dan antwoord “Net jou maag groei!”; en dan is daar Erika wat ek vir een of ander rede heeltyd Gerda noem.

‘n Paar van my maatjies; Angie van Secunda, die agtien-jarige, Gerda (Erika) en die vrou van Heidelberg.
Raymond van die Moot wat heeltyd eet.
Die gay-ou van Zeerust en die agtien-jarige meisie.

So vyf uur vrydagmiddag het ‘n vrou my kom roep na my kamer toe en hulle het my vol masjiene en kabels gespan. Die doel hiervan was om my brein-aktiwiteit, asemhaling, beweging, hartklop, long-aktiwiteit ensovoorts te toets terwyl ek slaap. Hulle het drade in my kop, aan my baard, my skouers, my hart, my vingers en my bene vasgeplak met letterlike gom, en drie groot masjiene voor aan my bors vasgemaak. “Dit voel soos ‘n tipiese Vrydagaand,” het ek gegrap terwyl hulle my so inspan, “O, is dit hoekom jy in die plek is?” het sy teruggesê en ek weet nog steeds nie of sy ernstig of sarkasties was nie.

Almal het my die hele aand gevra of ek ‘n wi-fi router is. Kinders. Ugh. Ek het Saterdagoggend om 02:33 wakker geword met my arms wat vasgekoek was in my kabels en moes die “call” button druk sodat die nag-verpleegster my kan onkoek. Die vrou het later Saterdag oggend die kabels kom onkoppel en net gesê “As jy my teen vyf uur nog nie gesien het nie is dit goeie nuus, as jy my weer sien herhaal ons die prosedure.” Ek het haar nie weer gesien nie.

Ek speel Robocop.
Robocop, the morning after.

Naweke op ‘n “Health Retreat” is seriously die ergste. Daar is nie baie klasse nie, en ons mag nie besoekers kry nie, so almal lê net rond en moan heeldag; Raymond van die Moot eet elke tien minute nog ‘n pie en vra dan weer vir my sussie se selfoonnommer. Sy boetie is ook gay, so ons het ‘n tipe van ‘n ooreenkoms met mekaar. (???)

Saterdagmiddag het al die maatjies besluit ons gaan Arts and Crafts klas toe. Ongelukkig was daar nie skinkborde nie, so ek kon nog nie begin met my kersgeskenke nie, maar ek het nogal ‘n befokte chalkboard vir my klas gemaak. Is dit normaal om jou malhuis-crafts in jou klas op te sit?

Die begin van my kuns-projek.
My nuwe Chalkboard.

Ek het ook by Arts and Crafts uitgevind dat jy na elke klas ‘n handtekening moet kry op jou papier sodat hulle kan monitor hoeveel klasse jy bywoon. As jy nie genoeg bywoon nie dan betaal jou medies blykbaar nie vir jou vakansie nie. Ek het sover twee handtekeninge; een vir kuns-klas en een vir “New Patient Orientation”. Fok.

Ons wou ook die rugby kyk, maar die psigotiese tannie in die rolstoel het heeltyd met ons almal gepraat oor wat die mure en die bekers van ons sê, so toe gee ek op op daai idee ook. Ek het vir my ‘n fliek gedownload, een van die chocolates oopgemaak wat my sussie vir my gebring het en movie gekyk.

Vandag (Sondag) was nog erger as Saterdag. NIKS klasse nie. Ons het die hele dag op die gras gelê en gemoan, behalwe as ons lag vir Raymond van die Moot wanneer hy nog ‘n pie (of ‘n samoosa) gaan koop. EK het aan die slaap geraak in die son, en wakker geword toe daar ‘n reëndruppel direk in my butt-crack inval.

GJ het vir my ‘n geskenksakkie gebring, en ek het gehoop hy gaan dit by ontvangs kan aflaai en dan kan ek toevallig ook in ontvangs wees, maar hy mag ook nie eers by die hek ingekom het nie. Ek het by die venster gestaan en vir hom waai en soentjies blaas, hy was darem so vêr dat hy nie kon sien hoe stroom die trane teen my gesig af terwyl ek waai nie. Die geskenkpakkie het heerlike sweeties (sugarfree en non-sugarfree) bevat, ‘n hele klomp pakkies Hot Chocolate en ‘n paar maskers. Hy is trou-materiaal, hoor.

Daar staan GJ by die hek.
Daar staan ek by ‘n venster en huil.

Vanmiddag het ‘n paar nuwe mense ook ingekom. Natalie van Pretoria wat onderwys swot en nie ‘n boyfriend het nie, en die tannie met die dobbelverslawing wat hou van pille (sy gaan Happy Hour LOVE!)

Anyway, naweke hier is nie lekker nie. Ek verstaan darem die stelsel nou al beter, en ek is definitief een van die witbroodjies. Soos altyd.

“Health Retreat” is definitief nie ‘n vakansie nie, maar dis ook nie soos tronk nie. “Health Retreat” is soos ‘n skoolkamp, net met skoner badkamers en gemakliker beddens. En nog niemand het my met skeerroom gespuit terwyl ek slaap nie (maar ek dink dis oor almal se skeer-gereedskap verwyder word). Ek slaap nog steeds elke aand met snork-angs, maar daar het gelukkig vandag ‘n man sonder hare in my kamer ingetrek en hy lyk of hy ook snork. Prys!

Oh! En ek het uiteindelik uitgefigure my kamer het ‘n aircon in en as een van daai drie mans nou lus is om vandag ‘n arm te verloor, moet hulle die temperatuur opstoot van die heerlike agtien grade wat ek gekies het. Vanaand gaan ek lekker slaap.

Happy Hour is oor tien minute en dan gaan ek weer slaap.

Môre is nog ‘n dag en ek kort ‘n kakhuis vol handtekeninge.

Stay tuned vir die volgende episode. Ek sal hom skryf wanneer ek lus is.

Published by TiaanGrey

Teacher and undeniable hopeful.

One thought on “Hêppie Hour

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: