waan-SIN

It’s been a while. Ek is stadig besig om weer terug te kom na my ou self toe, en hierdie eerste skrywe in maande gaan meer insig gee oor waarom presies ek verdwyn het. Hierdie verhaal is lank, soos altyd, maar – ook soos altyd – dis my blog en ek sal skryf so baie soos ek wil.

As jy al vantevore my blog gelees het weet jy so bietjie van my geskiedenis, maar ek gaan die verhaal vertel met al sy stertjies en “oja” oomblikke.

Ek is nog my lewe lank ‘n wilde siel. Ek is onverantwoordelik, uitspattig, offensive en ongelooflik ingestel daarop om altyd die middelpunt van aandag te wees. Tussendeur hierdie persoonlikheidseienskappe raak ek ook ongelooflik depressief en kry ek weke, selfs maande, waar ek nie eers kans sien om tande te borsel nie. Tande borsel was nog altyd vir my ‘n moerse straf. Selfs as ‘n volwassene gooi ek letterlike tantrums daaroor. Tande borsel is vir my soos bed opmaak, hoekom moet ek dit doen as dit in elkgeval môre weer gaan deurmekaar (of vuil) wees, so ek meet nog altyd my depressie aan my vermoë om tande te borsel; wanneer ek die dag besluit om nie tande te borsel nie weet ek daar is ‘n breakdown op pad. *Op pad is twee woorde, NIE EEN NIE! Ek het sekere meganismes in plek gestel om hierdie breakdowns te verhoed deur byvoorbeeld ‘n tandeborsel by elke wasbak in my huis asook in my stort te sit, want selfs al sit ek op die vloer in die stort en borsel my tande, ten minste doen ek dit, so ek’s nog okay.

Oktober 2019 het ek besluit om my lewe so effens te begin uitsorteer. Ek het begin dieët, of beter eet, en ek het begin om ‘n sielkundige te sien. Teen Maart 2020 was ek op ‘n goeie pad gewees, en moes ek ‘n psigiater gaan sien. My sielkundige was van mening dat ek moontlik bipolêr kan wees, maar die psigiater was nie so oortuig nie. Hy was van mening dat ek definitief lei aan Major Depression, maar dat my gedrag moontlik net ‘n freaky persoonlikheid is. Ek het begin medikasie drink vir my depressie en dinge het beter en beter geraak.

Teen Julie 2020 het ek eendag met GJ gepraat en nogal gespog dat hoewel 2020 ‘n ongelooflike kak jaar vir die wêreld is, is dit baie goed vir my. Ek het my finansies stelselmatig in orde gekry, ek was gesonder as nog ooit vantevore en my mental health was heeltemal onder beheer.

Side-note: Moet nooit arrogant raak oor dit met jou goed gaan nie, want dan is die ondergang BAIE hard.

Een of ander tyd in Augustus het dinge begin Suid gaan. Ek is nie seker wanneer nie, want ek het regtig nie eintlik veel recollections van die laaste paar maande van my lewe nie.

Die volgende goed kan ek onthou; ek het ongelooflik baie begin drink; ek het die een karongeluk (en skoolbus-ongeluk) na die ander gemaak; ek het konstant vir GJ afgebreek en vertel hoe ek nie meer saam met hom wil wees nie; ek het by my werk begin optree asof ek nie meer omgee oor enige iets nie, en die mense uitgelag of sleggesê wat my probeer help het; ek het geld uitgegee wat ek nie eers het nie, en ek kan nie eers regtig vir jou sê waarop nie. Dinge het baie baie sleg begin gaan. Ek het maar net gedink ek is depressed en dit gaan weer beter raak. Ek het opgehou om na my sielkundige toe te gaan want ek was nie lus om te hoor dat ek ‘n fokkop is nie, ek het dit genoeg vir myself gesê en het dit nie nodig gehad van ander mense af nie.

23 Oktober het die skool gesluit vir ‘n kort vakansie. Ek het planne gehad vir daardie naweek, so ek het die middag spandeer deur my hele salaris, wat ek daai selfde dag gekry het, te gaan uitgee by Tops. Van daar af het ek by die Dros saam met ‘n vriend gaan sit. Ons het later die middag ‘n vriendin se ma se ses-en-tagtigste verjaarsdag gaan crash en dit heeltemal oorgeneem, soos net ek kan. Op pad van hulle af het ek eers haar hek van die spoor afgery, en daarna my kar van die pad af in ‘n vleiland ingery. Baie emosioneel het ek vir GJ gekontak om my te kom haal. Ek onthou nie veel nie, maar ek weet ek het weer verskriklik gehuil en vir hom vertel hoe ek nie meer saam met hom wil wees nie.

24 Oktober het ek opgestaan en die hele situasie van die vorige dag afgelag, dit is mos snaaks? GJ het die oggend met my gesit en gesê dat hy nie meer hierdie kan doen nie. My reaksie was ‘n paar trane en toe ‘n WhatsApp aan Marike “Ek’s single. YOLO.” Ek het ‘n plan gemaak om met ‘n ander vriend se kar Pretoria toe te gaan want ek gaan nie laat iets so klein soos my kar, my geld of my verlowing my naweek beïnvloed nie.

Die aand van 24 Oktober het my pa ‘n groot event by sy huis gehou waar die Grafsteensangers en Fanus Pienaar (of Penis Potgieter soos *Pablo hom gedoop het) opgetree het. Ek het al my sorge weg gedrink en konstant vir almal wat wou en nie wou hoor nie vertel hoe kak GJ is. Die aand het geëindig waar ek en my pa woorde met mekaar begin ontwikkel het, en dit het uiteindelik uitgedraai in ‘n absolute ramp.

25 Oktober het ek wakker geword en net ge-YOLO oor die vorige aand se gebeure. Dit was Park Acoustics en NIEMAND gaan dit vir my spoil nie. Ons het ‘n vyf-en-twintig-liter kan vol wyn op die bakkie gegooi en probeer om al die leftover Jagermeister van my pa se party te steel. YOLO. Park Acoustics, hier kom ons!

Ek weet die storie sover is nie snaaks nie, en ek’t belowe dit gaan wees, just bear with me!

By Park Acoustics het ek êrens tussen my ge-YOLO oor ek niks voel oor GJ nie (obviously leuens) vir Marike ‘n storie vertel oor eenkeer toe ek gepoef het en GJ moes vir my toiletpapier gee. Ek het so gelag terwyl ek die storie vertel het want ek het vir die eerste keer in maande onthou hoe simpel en snaaks hy soms kan wees, en hoe dolverlief ek op dit is. Marike het mooi geluister na my storie en toe vir my gesê “Is jy seker jy wil DAAI opgee?” Almal anders se advies was nog heeltyd net as dit kak is moet julle dit eindig, maar Marike was die enigste een wat uitgewys het dat daar mooi goed is waarvan ek vergeet. Ek het myself nugter geskrik en besef dat hier is groot moeilikheid, en ek is nie heeltemal seker hoe om dit te fix nie.

Die aand het ek by die huis gekom en GJ het nag gesê en in die spaarkamer bed gaan klim. Eina. Baie baie eina. Ek het in trane by hom gaan sit en hom gesmeek om my net ‘n kans te gee. Ek het belowe dat ek myself gaan uitsort, al wat ek kort is ‘n kans.

Dinsdag, 28 Oktober, is ek terug na my psigiater toe en ek’t vir hom vertel wat aangaan. Hy het onmiddelik besef dat ek ‘n Maniese Episode ervaar en my gediagnoseer met Bipolêre Gemoedsversteuring. Kortliks; saam met my depressie kry ek episodes waar ek ongelooflike euphoria beleef waartydens ek dan onverantwoordelik optree en nie besef wat ek doen nie. Die episode, gemeng met die feit dat ek anti-depressante drink wat my gemoed opstoot, het dit obviously net erger gemaak. Baie erger. Okay. Die goeie nuus was dat ons nou uiteindelik weet wat fout is, die slegte nuus was obviously dat dis te flippen laat.

Die psigiater het gesê dat hy kom agter ek is bietjie in groot moeilikheid en miskien moet ek opgeneem word in ‘n “Health Retreat” (mense kyk my snaaks aan as ek sê malhuis, en psychiatric hospital laat my dink aan American Horror Story).

Ek het vir GJ die goed verduidelik en hy het, genadiglik, besluit dat hy die pad saam my wil stap. So die eerste probleem was aan die herstel.

Hier kom die snaakse gedeelte nou:

Ek was vir so week by die huis terwyl ons gewag het vir mediese goedkeuring, Covid toetse en ‘n bed om oop te gaan by die “retreat”. In die meantime het ek die plek geGoogle en het ek by die dag meer opgewonde geraak. Swembaddens, Walking Trails, Gym, fancy kos, lekker kamers. Bliksem, ek gaan met vakansie!

Donderdag, 5 November, kon ek toe uiteindelik opgeneem word. Ons daag 14:05 op by ZwavelStream Clinic. Ek voel moerse ongemaklik toe ek met my groot tas by die trappies afgeloop kom. Wie de moer gaan gewillig in so plek in?

Ons het op die bank in die voorportaal gesit tot ek kon inteken. ‘n Verpleegster het gekom om my te kom haal en te gaan wys waar my kamer is, en soos GJ opstaan om my te help dra het sy ons in kennis gestel dat hierdie is waar ons groet. Ek het my doodgeskrik. Ek het hom gegroet en stadig agter die tannie aangestap.

In my kamer, 4-bed met ‘n stort en toilet in die middel van die vertrek (ek LOVE mos communal living) het sy my tas oopgemaak en al my pille (ek het baie pille) verwyder. Sy het ook my skeermes en ander skerp voorwerpe geneem. Sy het vir my ‘n koppie gegee om in te piepie en voor die deur gestaan terwyl ek die ding doen. O fok. Hierdie IS American Horror Story. ek het gepanic.

Tannie Eunice het my gelos om my tasse (of dit wat oor was in my tasse) uit te pak. Sy het my kom haal en my geneem na die observation room. Hierso het sy baie deursigtig nota’s geneem van al die “merke” wat ek op my liggaam het en my in kennis gestel dat hulle op enige tyd weer kan kyk om seker te maak ek maak nie myself seer nie. Fok, Eunice. Ek is nie een van DAAI pasiente nie!

Op die stadium was ek heeltemal rattled. Tannie Eunice het my bloeddruk geneem (wat moer hoog was want ek is HISTERIES!), sy het vrae gevra oor my simptome en hoe gereeld ek probeer of oorweeg om selfmoord te pleeg. Ai, Eunice.

Ek mag nie besoekers ontvang nie, want dis Covid. Ek mag nie swem nie, want dis Covid. Ek mag net die Walking trail op sekere tye doen, en my dokter moet toestemming gee, want netnou hardloop ek weg en verdrink myself in die rivier. Die gym is toe, want dis Covid. Mag ek al huis toe gaan? Ook nee, want as ek loop voor die dokter dit afteken dan betaal die medies nie. Joy. Jou familie mag darem vir jou goed bring en dit by die hek aflewer, dan is daar ‘n venster wat van my gebou af na die hek kyk, so ek kan daar staan en vir hulle waai.

Tannie Eunice het vir my ‘n leêr gegee wat wys wanneer het mens watter klasse en hoe werk al die klasse. Ek het in skok terug na my communal area geloop, verby ‘n “Believe you can, then you’re halfway there!” poster. Hierdie kan nie erger raak nie.

Ek besluit om maar te gaan rook, want wat gaan ek anders doen?

Nou stap ek met my Ziploc sakkie, jou sigarette moet in ‘n Ziploc sakkie wees wat jy moet sanitize voor en na jy dit uithaal, en soek vir die rook-area. Hierso vind ek toe al die cool kinders. Arme ou ekke gaan sit op die een bankie, en ‘n meisie wat in ‘n kombers rondloop sê vir my ek kan by hulle kom sit, hulle byt nie. Dit lyk vir my of sy definitief byt, so ek sit maar op my eie en maak of ek op ‘n baie belangrike oproep is.

Na my sigaret gaan ek terug na my kamer toe en lê op my bed, darem is die eerste uur van drie-honderd-ses-en-dertig verby.

Terwyl ek op die bed lê hoor ek ‘n skree-huil, die tipe wat net my sussie kan doen, en soos ek deur toe kyk stap ‘n meisie verby met drie susters wat haar volg. Agter haar toe kamerdeur hoor ek haar steeds skree. ‘Nee, fok’, dink ek by myself, hoe slaap mens in die plek? Ek het so groot geskrik dat ek onmiddelik my Ziploc sakkie gegryp het en weer uitgehardloop het. Ek gaan sit toe maar by die meisie in die kombers, die uitspattige gay-ou, en die boerseun wat ook vandag ingebook het, en net hou van jag. Hulle is nogal nice.

Tyd breek aan vir aandete en hulle almal besluit hulle is nie lus vir aandete nie. Ek is moer honger, maar ek gaan NIE die vet outjie wees wat opstaan om te gaan eet nie. Terwyl ek sit kom Tannie Eunice weer verby om my leêr vir my te bring en stel my in kennis dat die dokter my oor tien minute wil sien. Ek sê “dankie, Tannie” en die meisie in die kombers begin vir my lag. ‘Jy dra ‘n kombers, meisie, ek sou nie lag as ek jy was nie,’ dink ek, maar sê niks. Op die leêr staan daar groot in rooi “THC = POSITIVE”! Seriously?!

My psigiater het bietjie met my geraas oor die THC. YOLO, right? Verder het ons oor boring goed gepraat soos medikasie en wat in die volgende paar weke met my gaan gebeur en so aan. Basic “health retreat” stuff.

Toe ek klaar is by my psigiater besef ek dat ek aandete heeltemal gemis het. Dankie meisie-in-die-kombers. Ek stap soos ‘n skelm na die kaffee toe en vra vir die tannie wat daar werk of sy nie vir my ‘n pie het nie, maar sy is al klaar opgepak en skoongemaak. Die oulike tannie gaan grou agter in die kombuis en bring vir my TWEE pies uit, en charge my net vir een. What a champ.

Half nege is happy hour, soos die mense hier dit noem, dan staan almal in ‘n ry, jy kry ‘n plastiek-glasie met al jou pille in en moet dit voor die tannie drink om te wys jy drink dit. Daarna moet jy so gou as moontlik bed toe gaan sodat jy nie êrens uitpass op pad bed toe nie. Die shots hier is sterk.

Ek het gou-gou gestort in my communal badkamer, in my bed geklim en gelê en wag vir slaap om te kom. Ek het besef dat nie een van die ander mans in my kamer snork nie, en ek het aan die slaap geraak met die angs dat ek almal gaan wakker snork.

Vanoggend half ses word ek wakker gemaak sodat hulle my bloeddruk kan neem, ek het sewe uur weer ‘n doktersafspraak.

My dag was baie besig, maar die hoogtepunt was beslis my sussie wat vir my ‘n care-package gebring het en omdat sy nie mag inkom nie het sy vir ‘n goeie veertig minute by die hek van die hospitaal gestaan en my aanhou bel terwyl ek in sessies sit, sodat sy ‘n foto kan neem waar ek by die venster staan en vir haar waai.

Bly ingeskakel om die res van die journey saam my te volg, of moenie. Whatever.

Ek het vandag drie belangrike goed geleer:

  1. Mens sê nie “Ek is bipolêr” nie. Ek IS nie bipolêr nie. Ek is Tiaan en bipolêr gebeur net met my. (??)
  2. Ek is ook Tiaan en ADHD gebeur blykbaar ook met my. (????)
  3. Niemand behalwe ek volg actually die Ziploc-sakkie reël nie. Natuurlik nie. Wat ‘n kak reël.

Hierdie gaan interessant wees. Dit gaan ook goed wees. En dit gaan ook lank wees. Ek sien uit.

*Ek plaas slegs een foto, want ek is nie seker oor die legal implications van foto’s neem in ‘n “health retreat” nie. Sal later uitvind.

Published by TiaanGrey

Teacher and undeniable hopeful.

6 thoughts on “waan-SIN

  1. 😭😭😭😭😭😭 mamma is sooo trots op jou. Min mans erken hulle issues en nog minder actually deal daarmee. Jy bly my super hero. Byt vas, dit word beter. Mamma weer, ek is mos nou net discharge uit die “malhuis”. Sterkte, I love you en admire jou guts❣Dankie liefste GJ vir jou genade

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: