(T)ussen (GJ)ou en My (deel 6)

…vervolg…

Die volgende gedeelte van die verhaal speel so bietjie all over the place af. Na die eerste keer wat ek gedink het ek gaan verloof raak het verskriklik baie dinge gebeur met overlapped timelines. Bear with me.

Na die Kaap-vakansie het ek dit baie duidelik aan GJ gemaak dat hy het die geleentheid van ‘n leeftyd opgegee, omdat die actual verlowing nou cooler sal moet wees as ‘n berg in Kaapstad. Elke keer wat ons net flippen kwekery toe gaan het ek myself voorberei vir iets om te gebeur, hoewel ons saam besluit het dat ons ten minste vyf jaar saam wil wees voor ons verloof raak en ons was nou maar eers by 18 maande.

Ek vermy nog die hele tyd om te praat oor die du Plooy’s, spesifiek Lize, omdat hulle eintlik hulle eie boek verdien, maar soos ek sê, my timelines overlap so bietjie. die du Plooy’s is Niel (en Hanru) se familie. Ek en Lize het al van die ouderdom van vyftien af in dieselfde kringe beweeg, maar vir een of ander weird rede (divine intervention wat wou hê ek moet skool deurkom) het ons mekaar vir die eerste keer regtig ontmoet in Junie 2016. Sy was letterlik by my sestiende verjaarsdag gewees in 2008, wat ek saam met ‘n ander vriendin gehou het. Sy was obviously daar as een van Kasha se vriende, maar dit is hoe naby ons kringe aan mekaar beweeg het. Anyway, Lize is nog een van daai mense met wie ek ‘n instant connection gehad het. Haar hele familie. Hulle was oombliklik, die dag toe ek hulle ontmoet het, my familie ook.

In die laaste paar maande voor ek China toe gegaan het het ek ongelooflik baie tyd by hulle spandeer. Ek en Lize was inseparable. Ons verstaan mekaar op die tipe vlak waar ons op ‘n Dinsdag aand ses uur die enigste twee mense kan wees in ‘n kuierplek, en ons sal daar uitstap die volgende oggend en dit onthou as die beste aand van ons lewens. Hoe nader my China-trip gekom het, hoe meer het ons besef ons kan nie (en wil nie) sonder mekaar nie.

Een aand, seker so week of twee voor ek vertrek het vir China, was ons in ‘n Uber op pad etc toe, ek het ten minste een keer ‘n week vir die laaste drie maande my “laaste Pretoria kuier” gaan hou. Terwyl Lize skelm van agter af vir my papsak (of brandewyn) voer, het sy my belowe sy kom my join in China. Teen die tyd wat ek al wou opgee, was Lize se papierwerk in orde en was sy op pad China toe. Na GJ se Mei-kuier wat maak-of-breek was vir my, het Lize amptelik bevestig dat sy inderdaad China toe kom. Ek het heeltemal nuwe hoop gehad om na uit te sien.

Ek weet hierdie storie gaan eintlik oor my en GJ, maar hierdie stukkie detail is ‘n baie belangrike deel van die storie.

So begin ek my eerste vakansie Suid-Afrika toe beplan. Dit is die weirdste ervaring om te gaan vakansie hou in jou tuisland. Ek het ‘n goeie ses weke summer holiday gehad, waarin ek letterlik vir die eerste keer ooit genoeg geld gehad het om te kan travel en goed doen, en almal anders moet werk. Weird.

Ek was in die suide van China, in ‘n klein dorpie met die naam Xiapu, vir so maand om summer-school werk te doen. Ek het my eerste typhoon oorleef, dit was insane. Ek het my eerste semester in China oorleef en ek het uitgesien na ‘n tyd van rus.

My vlug Suid-Afrika toe sou land so twee dae voor Oppikoppi, en dit was die perfekte geleentheid vir al die vriende om bymekaar te kom (want almal het al lankal verlof ingesit daarvoor) sodat ek sommer almal op een slag kon sien.

Ek het letterlik die Sondagaand so 19:00 terug in Beijing aangekom. Ek het mall toe gehardloop om soveel moontlik geskenke te gaan koop. Die volgende oggend het ek nog geskenke gaan koop en teen 14:00 die Maandagmiddag was ek op die lughawe.

Lize en Annemie sou my kom haal op die lughawe, maar ek het weereens in my kop imagine hoe GJ die arrival-sign van die lughawe hack en in moerse hoofletters skryf “Sal jy met my trou” terwyl my hele familie by die wag-area staan en huil met persente. Fok, Tiaan.

Side-note: Die rede hoekom ek heeltyd hierdie belaglike verlowings imagine het is omdat ek vir GJ altyd vier spesifikasies gegee het wanneer ons verloof raak:

  1. My vriende moet daar wees.
  2. Daar moet ‘n fotograaf wees.
  3. Hy moet my ouers voor die tyd vra, want ek soek my pa se trou-ring.
  4. Dit moet ‘n verrassing wees. (Dit is baie BAIE moeilik om my te verras. Een van die voordele van Anxiety is dat ek regtig enige ding kan sien kom.)

Ek het geland. Lize en Annemie het my ingewag met biltong (geen GJ en geen ring). Ek was by die huis. Ek onthou hoe ek vir elke karwag/sekuriteit/til-tannie wat vir my vra “How are you?” met opgewondenheid beantwoord het. Mense in China is regtig blêddie ongeskik en ek kon nie onthou hoe lank gelede iemand net vir my gevra het hoe gaan dit met my nie.

Daardie aand het ek vir GJ gesien, en my familie, en my bestie, en al my vriende, en alles was net perfek.

My eerste middag tuis. Braaivleis en bier. Ek, Alewyn, Monique, Annemie en Kyle.
Op pad etc toe. Ek en Marnel.

Oppikoppi-vergadering is ‘n jaarlikse bymekaarkom waar ons al die reëlings finaliseer voor Oppikoppi, en ook die eerste kas bier inlyf, want ons het immers dan ‘n jaar laas Windhoek gedrink. By Oppikoppi-vergadering was een van die punte van inligting die feit dat Oppi sou geld as my welcome-back, maar ook as Lize se farewell, want op 1 September sou sy saam met my terugvlieg China toe.

Uit al ons jare van Oppikoppi uit, het Lize uitgewys dat nog niemand van ons al die son sien sak het van die actual Koppi af nie, en dus het ons ooreengekom dat die Vrydagmiddag van Oppi gaan ons almal saam ‘n drankie drink terwyl die son sak op die Koppi. Annemie wil ook graag vir Lize as ‘n totsiens-geskenk ‘n fotoraam maak met foto’s van ons almal op die Koppi. Ons (EK) is by die vergadering al gevra (GEWAARSKU) dat ons asseblief nie te dronk moet wees nie, want dit is ‘n spesiale oomblik vir Lize. I felt very attacked.

Ons is die Woensdag oggend Oppikoppi toe. Soos altyd. Ek, Alewyn, Pottie, Monique, haar boetie en Vera is eerste, want ons is either werkloos, met vakansie of voel ‘n fok. Die res het Woensdagaand en Donderdag-oggend deurgekom. GJ kon nie kom nie, want hy het gewerk en was op stand-by vir die naweek, so dis ‘n moerse risiko. Sucks to be him.

Eerste by Oppikoppi. Alewyn, Pottie, Ek, Vera, Monique.

Oppikoppi was Oppikoppi. Soos altyd. Ons het geparty. Ons het elke oggend saam gaan Breakfast-boem-boem (dis wanneer ons almal gaan poef voor dit te besig raak). Ons het koud gekry en warm gedrink. Dit was ‘n fees.

Pose.

Vrydagmiddag hier by een uur kondig Lize aan dat ons almal asseblief moet onthou dat ons mekaar met sonsak op die Koppi moet kry. Nou eerstens; ek haat daai fokken Koppi. Dis regtig hoog, en vat baie moeite, en as jy een keer bo was, dan was jy elke keer bo, maar ons gaan dit doen vir Lize.

Die hele middag is almal op my case. Elke keer as ek nog wil drink, probeer almal my drank uit my hande uit vat, want EK moet myself gedra en EK moet nie sleg lyk vir Lize se foto’s nie. Wie de moer doen ‘n photoshoot by Oppikoppi? En ook, het julle mense al in die spieël gekyk? Ons almal lyk ewe sleg. Teen die tyd wat ons begin opbeweeg om die sonsak te gaan kyk is Lize die dronkste persoon op daardie hele plaas, en ek is bemoerd soos tien, want ek is nugter VIR LIZE!!!!!

Ons klim eerste die agterste Koppi uit na die Top Bar toe, en toe ons bo kom word ons gesê om te wag, Annemie gaan kyk of daar ‘n mooi plek is waar ons kan foto’s neem. Ek raak nog meer geïriteerd. Na so tien minute kom Annemie terug en sê die view is kak, ons moet op die ANDER Koppi gaan, by die Red Bull stage. Forfucksakes. Nou klim ons hierdie een af, en die ander een op.

Op die een stadium, toe ons naby aan die bo-kant van die Koppi kom, besef ek dat almal sagter begin praat en stadiger begin loop. Ek is teen die tyd so oor dit dat ek nie eers regtig aandag gee nie. Skielik besef ek dat ek alleen loop. Ek kyk agter my en sien dat Lize (of Anton of Annemie of almal) besig is om my af te neem. Ek draai om en sien skielik, so paar meter voor my, staan GJ, uitgevat in ‘n denim, knopie-hemp en sy veld-hoed. Ek draai weer om, want ek is nie seker wat nou aangaan nie, en kyk weer na hom; ek probeer die situasie analiseer.

Toe ek nog nader kom sien ek Tannie Cecile en oom Vleis ook daar staan (dis goeie vriende van my ouers). Ek sien vir Riaan (een van GJ se fotograaf-vriende) besig om my ook af te neem. In GJ se hande hou hy ‘n Harry Potter boek vas. NO WAYS!

Nie ‘n idee wat kom nie.
…cue the tears…

Ek kom nog nader en ek onthou GJ begin iets sê, maar ek het geen idee wat hy gesê het nie. Hy het op een knieg afgesak en ek onthou net hoe ek onmiddelik vir hom gesê het “Staan net fokken op, hier’s mense wat kyk!”

Huil na die kamera toe, soos ‘n regte model.

Hy het Harry Potter and the Half-Blood Prince oopgemaak waar die bladsye uitgekerf was tot by die hoofstuk The Unbreakable Vow en daar het my pa se ring gelê.

The Unbreakable Vow.
#HarryMe

Side-Note: Daar is net een edition van Harry Potter and the Half-Blood Prince waar die hoofstuk The Unbreakable Vow se naam op die regter bladsy geprint is. GJ het sy gat af gesoek vir die boek, en toe die ding in stukkies gekerf.

Ek het net gehuil. Vir ‘n hele lang ruk. Toe ek uiteindelik bedaar het hy die ring aan verkeerde vinger gesit, en toe ek omdraai staan almal met borde waarop staan “Hulle gaan trou!” en “Hy het JA gesê!”

Die eerste foto van my en my verloofde. Op die Koppi. by Oppikoppi.
Al my gunsteling mense. Vasti, Pottie, Ek, my verloofde, Lize, Jacques, Nicci, Vera, Steph, Annemie, Monique, Alewyn, Marnel.

Tannie Cecile het nader gekom en vir my boodskappe gespeel van my ouers af wat ons gelukwens. Daar staan ek, vuil soos ‘n dam-eend, emosies oral oor die plek, hare oral oor die plek. Hy het my werklik verras.

Lyk ek verras?

Almal begin my opgewonde vertel hoe hulle al maande hierdie ding beplan. Hoe ek gereelde kere met GJ en Lize gechat het terwyl hulle actually by mekaar was, besig om dit te beplan. Ek het nog die dag voor Oppi na my pa se ring gekyk (ek het altyd gekyk of hy hom nog het). GJ het daardie oggend na my ouers toe gery want hy het geweet ek gaan daarvoor kyk. ALMAL was in op dit. Behalwe ek. Vir die eerste keer in hoe lank, kon iemand dit reg kry om my te veras.

EK HET DIE RING GEHAD!!!

“Staan net fokken op, hier’s mense wat kyk!”

Die res van Oppikoppi was vinnig en mooi gewees. Al wat ek onthou is die ring. Die hele tyd. 9 Augustus 2018. Presies 2 jaar en 8 maande nadat hy my uitgevra het, was ek verloof aan die man wat my tien jaar plan opgefok het. En dit was so perfek.

Die du Plooy’s ry om my en Lize by die lughawe af te laai. Oom Willem, Kyle, Tannie Marianne, Annemie, Lize, Ek.
Ek en Lize op ons eerste vliegtuig saam.
Lize se eerste aand in Beijing.

Deel 7 gaan die laaste deel wees van die Tiaan en GJ verhaal, omdat dit die storie gaan vertel tot op hede, met alles waardeur ons was sedert daardie dag, twee jaar gelede.

…om vervolg te word…

Over and Out.

Published by TiaanGrey

Teacher and undeniable hopeful.

One thought on “(T)ussen (GJ)ou en My (deel 6)

  1. Mamma het nou so gehuil (what’s new anyway?) Dit is soooo beautiful. Jy het die jackpot gewen met GJ en GJ het die jackpot gewen met jou. Hartroerend mooi. Jou ma se tipe love story. Ek is sooo liefe julle twee

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: