Grootword hou nooit op nie.

Ek is al vir ‘n rukkie huiwerig om iets “diep” of “persoonlik” te deel. Nie omdat ek nie wil nie, maar omdat ek nie wil hê mense moet dink ek sulk en moan nie, en toe besef ek sopas, dis MY flippen blog. So, ek gaan doen net wat ek wil.

Hierdie volgende verhaal gaan bietjie aan sensitiewe dele (uit my eie lewe) raak, en nie noodwendig almal se cup of tea wees nie. As jy slegs blogs lees vir die snaakse stories waar ek amper doodgaan, dan moet jy maar toemaak, want hierdie is nie een van daai stories nie.

Ek het in ‘n relatiewe normale huis grootgeword. Ek sê “relatief” want ek weet self nie eers meer nie. Toe ek baie jonk was het ek gedink ons is super normaal. Toe ek ouer raak het ek gedink “Is hierdie mense almal op tik?” Nog so paar jaar later het ek begin hoor van ander mense se families en gedink “Dank die Here vir myne!” En uiteindelik nou, as volwassene, sien ek dat my familie is regtig normaal, in die konteks van normaal; ons is almal bietjie fucked up, en dis normaal.

My relatief-normale familie.

Wat ek weet van my begin:

  1. Ek is gebore op 24 Desember 1992.
  2. My ouers is some time toe ek so drie of vier was geskei (vir die eerste keer).
  3. Ek, my ma en my sussie het in Pietersburg gebly, maar my pa was nog steeds in die prentjie. Ek’s nie seker of hy haar boyfriend was nie, maar ek dink so.
  4. Een aand het my pa randomly laat weet dat hy op pad is om ons te kom haal, ons trek nou Pretoria toe. (???)

Hierdie stuk gaan uit baie stories van my lewe as ‘n versameling bestaan, maar ek wil graag beklemtoon dat dit nie noodwendig feitelik is nie, dis net my eie perspektief.

My ouers is twee uiterste pole:

My ma is ‘n uitgesproke (en ongeskikte) meisie van Natal, wat grootgeword het in Namibië en tot vandag toe noem sy Walvisbaai “die huis”. Dis ook waar my ouma, tannie en haar drie kinders nog woon. My ma se pa was ‘n ongelooflike strong-willed man gewees, een van my absolute heroes. My oupa was ‘n ateïs, en my ma vertel my gereeld hoe sy “skelmpies” na jeug-aande by die kerk gegaan het en hoe sy op haar skoolvorms by Kerk, waar my oupa altyd geskryf het “geen”, die “een” uitgekrap het en ‘n “N” vooraan geplaas het. My ma was ‘n rebel van jong dae af. Al die Peters-vrouens het so rebelse streek in hulle. My oupa het sterk en onafhanklike vrouens grootgemaak wat nie enige iemand se toestemming nodig het om hulle harte te volg nie.

My ma saam met ons by ‘n Music Festival.
My oupa Nolan.

My pa, aan die anderhand, kom van ‘n klein dorpie in die Vrystaat, Virginia. My oupa was ‘n myner, en my ouma was ‘n tuisteskepper wat altyd odd jobs gedoen het. My ouma het ALLES geheukel; toilet covers; wintersokkies; toiletpapier-ophanger-goedjies; you name it. My pa-hulle was vier seuns en ‘n dogter, en hulle was regte Vrystaat-seuntjies. My pa is weer die stoute een gewees, koshuiskind wat skelm gaan kuier het. Hy vertel ons altyd die storie hoe hy sy ouers se kar gesteel het een naweek toe hulle sou weggaan, hy’t so paar minute na hulle vertrek het die kar uitgetrek en in die (enigste) straat van die dorp afgery, en skielik toe kom sy ouers van voor en al wat hy kon doen was vir hulle waai.

My ouers het skynbaar getrou as ‘n ooreenkoms; my pa wou nie meer die weermag-ding doen nie, en as hy getroud was kon hy in die polisie geplaas word; my ma wou graag na haar skoolreünie toe gaan (in Walvisbaai). Albei het ingestem om mekaar uit te help (my pa het my ma walvisbaai toe geneem en my ma het my ‘n ticket uit die weermag uit gegee) en toe trou hulle.

Mamma en Pappa. ❤

My temperament kry ek 100% van my ma af. Ek is ‘n Peters-meisie. My stoute streek kry ek weer absoluut van my pa af. Klomp ander dinge ook. By my ma het ek die vermoë gekry om emosioneel en passievol oor goed om te gee en om nooit toe te laat dat outoriteit my misbruik bloot omdat hulle mag het nie. Ek het ook by my ma geleer om vir myself op te staan, maar om opreg jammer te sê wanneer ek verkeerd was. Nog ‘n ding wat ek van my ma af kry is die vermoë om al die geld wat ek in my bank het (plus nog so bietjie) so gou as moontlik te spandeer. By my pa het ek die brein gekry, met die vermoë om ‘n uur voor ‘n eksamen gou te scan deur my werk en steeds te slaag. Ek het die vermoë om kreatief te dink en skryf ook van sy kant af gekry. My klein oomblikkies van geduld, en my absolute haat van konflik kom ook direk van my pa af. En dan my eetlus. Ek was ses jaar oud toe ek laas van ‘n kiddie menu af bestel het, omdat dit bloot te min was.

My sussie is so dertien maande ouer as ek. Sy is ook seker ‘n mengsel van my ma en pa, maar as ek na haar kyk sien ek meestal net my ma. ‘n Peters-meisie. Sterk (soms te sterk), opinionated (soms te opinionated) en sal niemand se toestemming vra om te doen wat sy wil doen nie.

Van die Peters familielede links na regs; Nefie Scott, Ek, Niggie Bernice, Tannie Nolene, Niggie Christine, Mamma, Niggie Leandre, GJ, Kimberley Beyl, HusBro Danny.
Nog Peters-familie van links na regs; Ek, Tannie Nolene, Nefie Scott, Niggie Christine, Niggie Mariska, Niggie Berenice, Nefie Gerdo, Oom Gerhard, Tannie Ria.

Dit is my familie, en hoewel ek hulle nie gekies het nie, is hulle vir my gegee en ek dink hulle is baie cool.

Op universiteit het ek sielkunde-vakke geneem saam met my onderwys-vakke, met die hoop om eendag ‘n kinder-sielkundige te wees. Een aand was daar ‘n Jeremy Loops konsert in Potch gewees, ek het op die sypaadjie gery Bourbons toe en Marike het my die volgende oggend 07:23 wakker gebel om my te herinner ons skryf 07:30 sielkunde-semestertoets. Ek het obviously ‘n nul gekry. Ook maar goed so, want ek’t na die tyd uitgevind mens kort ‘n Meesters-graad om te praktiseer as sielkundige, en hoewel ek mal is oor skryf, klink ‘n skripsie nou nie juis vir my soos ‘n lekker tyd nie. Anyway, ek is baie intrigued met sielkunde, en spesifiek die topic van Nurture vs. Nature.

Tydens my sielkunde klasse waar ons dokumentêre gekyk het oor Ted Bundy wat vertel van sy lewe en hoe sy opbrengs nie beïnvloed het dat hy mense vermoor nie, en ander slim mense weer sê sy lewe het 100% beïnvloed hoe hy uitgedraai het, het ek begin reflekteer oor my eie lewe.

Die eerste storie wat ek altyd aan dink wanneer ek dink aan my “kinder-dae” is een keer toe ons by my pa se familie in Hennenman gaan kuier het. Toe ek jonger was (en almal nog in Suid-Afrika gewoon het) het my pa en sy sibbe gereeld naweke in Hennenman bymekaargekom. Die niggies en nefies het skelm kondensmelk gesteel uit ouma se kas uit, die broers en sussie en vrouens (nie my ma nie) en man het almal lekker gekuier en my ouma het in die kamer gelê met ‘n warm doekie oor haar voorkop. Een spesifieke naweek was ons op pad terug Pretoria toe van daar af toe my ma en my pa begin baklei het (of hulle het heel naweek baklei, ek’s nie seker nie). My ma het uitgeklim en gesê sy stap nou huis toe. My pa het vir so tien minute langs my stappende ma gery en haar gesmeek om terug in die kar te klim. My ma, die Peters-meisie wat sy is, het besluit fok jou, en haar vinger uitgesteek vir ‘n kar om haar ‘n lift te gee. My pa het toe ook besluit fok jou, en ons het huis toe gegaan. Daai aand, sover ek onthou, het my ma my pa gebel om haar te gaan haal op die busstasie, en hy het dit gedoen.

‘n Ander storie wat ek onthou was omtrent toe ek graad twee was. Ek was stout, en (gelukkig) het my ma vir my pa aangesê om my pakslae te gee. Ek het geskree-huil toe hy vir my sê ek moet na sy kas toe gaan en my gunsteling belt in die kas kies en solank vir hom in die badkamer wag. “Ek is jaaaaaaaaaaaaammmmmmmeeeeeeerrr paaaaaapppppaaaaaaaaa!” het ek geskree soos hy die badkamer inkom. Hy het my stilgemaak, ‘n paar grappies gedrop en toe vir my gesê “Okay. Ek gaan tot drie tel, en as ek sê DRIE dan gaan ek op die toilet slaan en dan moet jy skree!” Ek het presies dit gedoen. Ses keer. Ek het daar uitgestap en nie geweet wat sopas gebeur het nie, want ek het beter gevoel, maar ook skuldig toe ek ‘n minuut later vir my ma jok; “Ja en? Het jy nou jou les geleer?”…”Ja, mamma.” Glad nie, mamma. Ek’t net besef wie is die softie.

Ek kom terug tot by myself in die sielkunde klas, hoe het hierdie dinge my lewe verander en my paaie voorspel? Obviously my ma wat weier om terug in die kar te klim is toonbeelde van ‘n sterk karakter? Of is dit kinderagtig? Die feit dat sy my pa nog steeds kan maak ry om haar by die busstasie te gaan optel is mos leiding? Of maak dit hom ‘n walk-over? Al hierdie verskillende dinge speel in my kop af en ek probeer werklik vasstel wat het hier my toekomspaaie bepaal en wat is net nog iets wat gebeur het.

Ek dink aan nog stories uit my kinderdae. Ek onthou een vakansie waar ons moes deurry Namibië toe, en my pa was op Rustenburg, sowat 90 km anderkant Pretoria, al moeg en het ons ingebook in ‘n moerse fêncy hotel. Vakansies saam met my pa is een lekkerder as die volgende. Sy doelwit is alewig om te sorg dat almal die beste moontlike tyd het wat hulle kan hê, al is dit ten koste van hom.

Ek dink aan eenkeer toe my ouers besig was om hard te baklei. Ek en my sussie het P!nk se Family Portrait kliphard aangesit en vir hulle gesit en kyk met die hoop dat hulle ophou. Was ons werklik geskend? Wou ons regtig hê hulle moet ophou, of het ons net aandag gesoek? Is aandag-soek ‘n slegte ding?

Ek kon, as twee-en-twintig jarige student nooit vasstel of die gebeure in my kinderdae geshape het wie ek is nie. Ek het altyd gelê aan die Nature kant van die gesprek; ek het vas geglo dat mens is wie mens is. PUNT!

Universiteit was vir my ‘n moerse jol gewees. Ek het werklik elke sekonde so baie geniet en ek het alles gedoen; gekuier, klasse gemis, semestertoetse geskip vir music festivals en dan doktersbriewe gekry om my te help; verskeie dwelms probeer; ongelooflike vriende gemaak; ongelooflike hartseer ervaar; soms nie geld gehad nie; HK in die koshuis; PUKfm; you name it, I did it.

Mamma, ek en Pappa by my gradeplegtigheid.

My sussie aan die ander hand het nie universiteit so baie geniet nie. Sy het na ‘n jaar of twee daarvan ‘n ander rigting gekies en wanneer dit kom by gesprekke oor waarom ons elkeen is soos ons is het sy altyd gesê dis as gevolg van ons opbrengs, en ek het altyd gesê dis as gevolg van ons opbrengs. Ek het werklik nie besef nie.

Toe ek begin werk as onderwyser het ek ‘n paar baie ernstige klasreëls gehad:

  1. Ek kies op dag een vir my ‘n witbroodjie. Hierdie witbroodjie sal alles doen waaroor kinders altyd baklei soos my goed in die kar gaan haal, kantoor toe gaan as daar briewe gehaal moet word, voor in die ry loop as ons êrens heen moet gaan. Die witbroodjie het ook voordele gehad in die vorm van ‘n bottel sweets. ‘n Juffrou-lessenaar het mos so massiewe gaping aan die onderkant, en Tiaan en Nathan (my twee witbroodjies) mag as hulle klaar gewerk is, net daar onder my lessenaar sit, met my bottel sweets, en eet, terwyl almal anders moes werk. My redenasie was oop van die begin af; ek kies nou al ‘n witbroodjie, so die res van julle hoef nie te baklei oor wie wat wil doen nie. Ek was lief vir al my kinders, hierdie was net vir my makliker.
  2. As een kind verjaar, verjaar almal. Ek het ‘n kalender gehad met almal se verjaarsdae daarop uitgemerk, en op die dag wat ‘n kind verjaar het, het ons heeldag klas-partytjie gehou, nie gewerk nie, en ALMAL het lekker saam verjaar.
  3. Ek het tot die beste van my vermoë probeer om boelies uit te skakel. Ek het hard gewerk om ‘n sisteem van wedersydse respek en liefde onder my kinders te kweek, en hoewel ek soms gefaal het, en meeste dae gedink het ek wil hulle almal doodmaak, kan ek nou, drie jaar later, regtig sien hoe daai spesifieke klas van my myle voor die ander kinders is.
Van links na regs; Hanro, Witbroodjie Tiaan, Witbroodjie Nathan, Ek.

Ek het al hierdie dinge gegooi onder die lap van ons “nuwe” onderwysers gaan “nuwe” maniere vind van skoolgee en ons hoef nie te wees soos ons onderwysers was nie.

‘n Jaar na ek begin skoolhou het, het ek besluit om China toe te gaan. Nie omdat ek recently-single was of omdat hier geen prospects in Suid-Afrika was nie, maar omdat dit gevoel het soos die ding om te doen. Ek het my stabiele huis, verhouding en werk gelos vir iets wat ek glad nie ken nie, en dit het moerse exciting geklink. Tot die dag wat ek actually moes vlieg en ek op daai lughawe weereens so geskree-huil het soos in graad twee; “ASSSSSEBBLLIEEEEEEEF MOENNNNNNIE LAAAT EK GAAAAAAN NIEEEE!!!!” Ek het vir GJ jammer gesmeek dat ek hom alleen agterlaat en nog harder gesmeek dat hy my asseblief nie moet los nie. Ek was ‘n wrak en ek het myself gevind vra; WAT DIE FOK DOEN JY?! maar ek het dit nog steeds gedoen.

My eerste ete in China.
Eerste foto van my in China.

Die begin van China was vir my baie rof. Ek het gesukkel met alles, maar twee dinge het ek vir myself uitgeklaar; Vir die eerste keer in my hele lewe was ek afhanklik van net myself en ek gaan hierdie tyd gebruik om daardie ervaring te benut; maak nie saak wat nie, ek sal NIE opgee nie, want almal het vir my gesê “Sien jou seker weer oor so maand.” Watch my, het ek gedink. Peters-meisie.

Ek het werklik gesuffer. Na twee maande in China kon ek glad nie meer cope nie, en in plaas van net herken dat ek sukkel, het ek soos ‘n goeie millennial AMAZING foto’s en ervarings gepost op Facebook, en in die aande saggies in my kamer gehuil.

Een dag in my derde maand van China het ek vir GJ gesê dat ek regtig nie meer kan nie. Ek onthou hoe ek in detail vir hom vertel het hoe ek ‘n bus sien kom het en letterlik LETTERLIK myself gesien het voor hom intrap, en ek het by myself gewonder of sal dit genoeg wees? Sal ek regtig doodgaan of gaan ek net myself baie seer maak? Ek was bereid om eerder te sterf as om op te gee en te herken ek het ‘n kak besluit geneem.

Minder as ‘n week later was GJ in Beijing, besig om my stukkies vir my op te tel. Hy het nie een keer vir my gesê ek moet huistoe kom nie, hy het na MY toe gekom en my aanmekaar kom sit in ‘n vreemde land waar ek gekies het om te wees. Hierdie was major.

“Jy het my gerêd, voor ek geweet het ek het redding nodig.”

Daardie Augustus het ons verloof geraak, terwyl ek terug in SA was vir Summer holiday; blykbaar het hy gevoel dat ‘n suicidal maniac wat ‘n babysitter kort is trou-materiaal, maar dis ‘n storie vir ‘n ander blog.

Ek het agtien maande in China gewoon uiteindelik, en toe ek gereed was om terug te kom huis toe, het ek self so besluit, ek het my lewe in 3 tasse gepak en teruggekom.

Laaste aand in China saam Lize. “Baby wants champagne, baby gets champagne.”

Gepraat van pak: as kind het ons ongelooflik baie getrek. Ek het eendag gaan uitwerk dat vandat ek graad R was, tot nou, het ek al vier en twintig keer getrek in my lewe:

  1. Van Pietersburg na Pretoria.
  2. Van Pretoria na Bronkhorstspruit.
  3. Van huis 1 in Bronkhorstspruit na huis 2 in Bronkhorstspruit.
  4. Van huis 2 in Bronkhorstspruit na huis 3 in Bronkhorstspruit.
  5. Van huis 3 in Bronkhorstspruit na huurhuis in Pretoria.
  6. Van huurhuis in Pretoria na self-geboude huis op wildsplaas buite Pretoria.
  7. Van self-geboude huis op wildsplaas buite Pretoria na my ma se huisie in Pretoria toe sy en my pa (weer) uitmekaar uitgaan.
  8. Van self-geboude huis op wildsplaas buite Pretoria na my pa se huis in Pretoria toe hy en my ma (weer) uitmekaar uitgaan.
  9. Van my ma se huisie na ‘n groter familie-huis toe hulle ‘n jaar later weer lief is vir mekaar.
  10. Van my pa se huis na ‘n groter familie-huis toe hulle ‘n jaar later weer lief is vir mekaar.
  11. Van die groter familie-huis na die plaas waar ek my diensjaar gedoen het.
  12. Van die groter familie-huis my ouers ook gehelp trek na Rayton.
  13. Van die plaas waar ek my diensjaar gedoen het na my eerste woonstel in Potchefstroom.
  14. Van die huis in Rayton na ‘n ander huis in Witbank.
  15. Van my eerste woonstel in Potchefstroom na my tweede woonstel in Potchefstroom.
  16. Van my tweede woonstel in Potchefstroom na my kommune in Potchefstroom.
  17. Van die huis in Witbank my ouers gehelp trek na die volgende huis in Pretoria.
  18. Van my kommune in Potchefstroom na my derde woonstel in Potchefstroom.
  19. Van Potchefstroom na GJ se huisie in Secunda.
  20. Van GJ se huisie in Secunda na Emile en Emelia se woonstel in Beijing.
  21. Van Emile en Emelia se woonstel in Beijing na my eie kamer in Beijing.
  22. Van my eie kamer in Beijing na ‘n groot woonstel saam Emile en Emelia in Beijing.
  23. Van die groot woonstel saam Emile en Emelia in Beijing terug na GJ se huisie in Secunda.
  24. Van GJ se huisie in Secunda na ons huis in Secunda.

Ek het gehoop dat die vier en twintigste trek was die laaste. Ek het mos nou my adventure gehad. Ek het ‘n halwe huis op my naam, ek het ‘n ring aan my vinger, ek is gereed om net normaal te lewe.

Toe kom die kak.

In Oktober 2019 het ek stelselmatig begin agteruit gaan, tot ek op ‘n punt gekom het waar ek weer myself imagine het voor busse inloop, my kar van brûe afry of net ‘n oordosis slaappille neem. Ek het begin ponder oor waantoe ek sou gaan; gaan dit werklik die einde wees? Want as ek deur al hierdie gegaan het en ek kom terug as ‘n flippen kakkerlak (HAHAHA KAKKER-LUCK! Ek sweer ek’t dit nou net uitgedink) of iets gaan ek nie impressed wees nie. Ek het stadig agteruit gegaan tot ek teen ‘n muur vas was en GJ my vêr genoeg gekry het om iemand te gaan sien.

Teen die tyd was ek nie baie optimisties oor sielkunde nie, want hulle wil alewig vir jou redes in jou kinderdae soek oor waarom jy is soos jy is, maar ek was bereid om te try.

My sielkundige het stuk-vir-stuk my lewe gedissekteer en my hele wese op ‘n tafel voor my uitgepak. Sy het my verduidelik dat my smag na trou en stabiliteit en standvastigheid kom vanaf die “voorbeeld” wat ek gehad het van verhoudings as ‘n kind, en dat ek beter as dit vir myself wou hê. Sy het my verduidelik dat my haat vir konflik kom van die aanskouing van so baie konflik en konfrontasie. Sy het my verduidelik dat my voor-op-die-wa, life-of-the-party attitude nie eintlik my persoonlikheid is nie, maar ‘n persona wat ek geskep het omdat ek op skool altyd nageslaan was en nooit regtig raakgesien was nie. Die aande wat ek op skool dronk langs my volla in die parkeer-area van Cheeky Monkey gelê het is nie oor ek ‘n drank-probleem het nie, maar oor ek so intense smag na die hoofkarakter wees in iemand se verhaal.

My familie, van links na regs; Mamma, Pappa, Carmia, GJ, Ek.

Sy het selfs vir my gewys dat my klasreëls rooted is in my kinderdae:

  1. Ek was nooit die witbroodjie (in my verhaal) gewees nie, en daarom hou ek daarvan om vir kinders te sê hulle is my witbroodjies, eerder as om te maak asof ek lief is vir almal en sekeres voor te trek.
  2. Ek kon nog nooit my verjaarsdag reg vier nie, want ek verjaar die dag voor Kersfees en dis ‘n kak verjaarsdag en dis nooit vir my lekker nie, en DAAROM maak ek altyd ander kinders se verjaarsdae so ‘n big deal. Want dit HOORT ‘n big deal te wees.
  3. Ek haat konflik en boelies want dit was al wat ek kan onthou van my skooldae, en daarom is dit vir my so belangrik om alewig boelies te laat verstaan daar is nie ‘n plek vir hulle op die aarde nie.

Sy het elke klein deel van wie en wat ek is vir my uitmekaar gehaal, ge-olie, en toe stukkie vir stukkie vir my verduidelik hoe werk Tiaan en hoe fix mens Tiaan. Sy het my lewe gered.

Ek weet nog steeds nie wat wen tussen Nurture en Nature nie. Ek weet nog steeds nie of ek is soos ek is oor ek so moet wees, of oor ek so uitgedraai het nie. Ek weet nie watter idee pla my meer nie; die idee dat ander mense se optrede kan bepaal hoe ek gaan word nie; of die idee dat ek is soos ek is maak nie saak wat ek doen nie.

My familie, bloed en nie-bloed, by my sewe en twintigste verjaarsdag.
DiePeters-familie verlore in die Namib-Woestyn.
My familie. ❤

Een ding weet ek wel verseker. Vir die eerste keer in sewe en twintig jaar is ek verlief op wie ek is. Hetsy dit my vriende en my geliefdes is wat my so gemaak het, of die kinders wat my op skool gespot het oor ek vet is. Hetsy dit my ouers is wat is soos hulle is, of GJ wat vir my ware liefde gewys het. Ek is amazing, en ek wíl lewe om die einde van hierdie ongelooflike storie te sien, want as ek op sewe en twintig al so baie stories het, imagine die tipe stories wat gaan uitkom op sestig!

Nurture vs Nature should not be our debating-point. Ending up happy; now that is something to philosophize about.

Over and Out.

Published by TiaanGrey

Teacher and undeniable hopeful.

One thought on “Grootword hou nooit op nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: