(T)ussen (GJ)ou en My (deel 5)

…vervolg…

Voorheen het ek nou uiteindelik semi-suksesvol die oorgang van student-wees na “grootmens” gemaak. Ek het nog steeds daardie Januarie WEER gaan Jool, en ek het nog steeds ‘n paar keer in Potch gaan kuier, want die student in my gaan vir lank nie doodgaan nie; dit is al waarin ek nog ooit regtig goed was.

Die volgende deel van ons verhaal fokus spesifiek op een vakansie, ‘n paar dae se gebeurtenis, en dit is die hele rede agter die titel van die stuk.

My heel eerste skoolvakansie as volwassene, “paid holiday” soos hulle dit noem. Die eerste paar dae van die skoolvakansie is ek op rugbytoer saam met die skool (nie uit keuse uit nie, maar toe ook glad nie te kak nie), en ons het ‘n trip Kaap toe gereël vir so week direk daarna. Hier is daardie verhaal:

Ek kom die Woensdagmiddag van my rugbytoer af, ons vlieg Woensdagaand. Ek is moerse opgewonde want:

  1. Dis my eerste official vakansie wat ek soos self verblyf betaal en sulke goed.
  2. Ek het my heel eerste kredietkaart gekry op dieselfde dag.
  3. EK GAAN WEER KAAP TOE!
  4. Ek het vir GJ vir ‘n paar dae nie gesien nie, so ek is opgewonde om hom te sien.

GJ kom van die werk af en is in ‘n bui. Ek is onmiddelik bemoerd, want hoekom is jy nie opgewonde om my te sien of opgewonde oor die vakansie nie? UGH!! Hierdie man maak my moeg.

Die hele pad lughawe toe gee ek hom die koue skouer en die silent treatment, die hele vlug lank ook, en ook die hele pad van die lughawe af na ons eerste aand se verblyf; so oulike Backpackers in Woodstock.

Tydens hierdie moerse stilte het ek baie tyd om my aandag te fokus op ons itinerary:

  • Donderdag, 6 April: Beach day. Vir die wat nie weet nie, ek vrek oor die see.
  • Vrydag, 7 April: Leeukop klim. GJ wou iets adventurous doen (?!?!?!)
  • Vrydagaand reël ons met al die vriende in die Kaap om te gaan kuier op een slag.
  • Saterdag, 8 April: GJ se verjaarsdag, Rugby op Nuweland.
  • Sondag, 9 April: Yzerfontein, Evita se Perron, Paarl.
  • Sondagaand slaap ons by vriende in Worcester of êrens daarnaby.
  • Maandag, 10 April, WYYYYYYYYYN!! (…en din-din saam Steffen, Tiffany en Luandri by die restaurant waar Ané haar studentejare gewerk het. (Ané is daai tyd in Suid-Korea gewees)
  • Dinsdag, 11 April, Kalk Bay, Simonstad en Muizenberg.
  • Woensdag, 12 April, chilaylay, ons vlieg die aand iets soos nege uur terug want Donderdagoggend ry ons Lush toe.

Side-Note: Terwyl ek so in my kop kwaad is, kry ek die gevoel GJ is miskien gestres oor iets, en soos ons die snelweg van Secunda na JHB ry (dieselfde een wat jy ry Potch toe) dink ek aan ‘n gesprek wat ons gehad het so paar weke gelede op pad na my gradeplegtigheid toe waar GJ my gevra het of dink ek as hy ooit my ouers vra of ons mag trou dat hulle my sal sê? My onmiddelike antwoord: “My ma sal my sê nog voor jy weg is.”

Woensdagaand land ons, en die weer is nogal chilly, maar ons praat nie met mekaar nie, so ons gaan dit nie bespreek nie.

Hierdie was my post op Facebook, want obviously gaan ek nie laat mense dink ek is kwaad nie.

Donderdag-oggend word ons wakker, ek is weer lief vir hom en hy is weer nice met my, en dit is donners koud buite. Soos baie. Ek, wat hou van beplanning en goed wat volgens plan verloop, is onmiddelik histeries oor ons itinerary, ek gaan in plan-reform in;

Tiaan: “Okay. Kom ons gaan klim vandag Leeukop, want dis koud en oefening laat my sweet,” (Fucksakes. Trappe klim laat my sweet) “…en dan gaan ons môre strand toe?”

GJ: “Nee. Ons moet môre Leeukop gaan klim.”

Tiaan: “Okay. Kom ons reël dan vandag die kuier saam met almal?”

GJ: “Nee. Ons moet môre-aand met almal gaan kuier, ons het dan klaar gereël,” en hy staan op om te gaan stort.

Side-Note: Op hierdie stadium besef ek dat my ma al vir amper twee weke nog nie met my gepraat het nie (ons praat letterlik elke dag), en dat GJ se aandrang dat ons môre Leeukop klim bietjie suspicious is. Gebeur daar iets?

Terwyl ek in Damage-Control mode is, en ook hierdie snaakse aandrang van GJ ponder, bel Bestie (Jacques Nortje) my. Hy vertel my dat hy die vorige aand gedroom het ek en GJ raak verloof in die Kaap. Ek is soos no ways!! Ek vertel hom toe wat in my kop aangaan en ons begin planne maak. Jacques kry ‘n dog-sitter om na sy hond te kyk. Hy het op die tyd gewerk vir ‘n airline, so hy reserve solank vir homself ‘n sitplek op ‘n vliegtuig indien hy nodig het om Vrydagmiddag af te vlieg Kaap toe, hy sit verlof in vir Saterdag en Sondag. Ek kan immers nie my verlowing vier sonder my Bestie nie. Ons is letterlik doodseker hier kom dit.

Die Woensdag is my kop all over the place en ek probeer hierdie ding uit GJ uitkry. Ek kan nie minder omgee oor die strand of die koue nie. Ons het die dag iets anders gedoen, maar ek kan letterlik nie eers onthou wat nie. Al wat ek wel onthou, is hierdie coffee shop waar ek my heel eerste cream-cheese bagel gehad het, dit was alles wat Andy in The Devil Wears Prada dit laat lyk het dit is, en nog meer. Ons het die week seker vier keer weer daar gestop, GJ het so twee jaar later sy tannies soontoe geneem, en ek het nog elke keer as ek in die Kaap was daarna teruggegaan. As jy in die Kaap is, do yourself a favor.

Facebook: https://www.facebook.com/DolceBakeryCapeTown

Website: https://dolcebakery.co.za/?fbclid=IwAR2dvWuvVZybDDfjU6Xx_W4mGxDvqdPsfMMqef90MB5VBh4RyYIeWzJLvlk

“So, wat trek mens aan om te gaan berg klim?” … “Enige iets gemaklik.” … “Okay, ek gaan dan sommer net my wifey (dis eintlik ‘n wessie) aantrek dan kry ek nie warm nie.” … “Try net iets mooier aantrek.” … OHMYWORD EK GAAN VERLOOF RAAK!!!

Ek weet GJ het ‘n pêl in die Kaap wat ‘n fotograaf is, so ek weet obviously hy gaan ons agtervolg teen die berg op en foto’s neem die hele pad. Ek weet my pa sal nie berg klim nie, so ek dink toe dalk dat GJ ‘n helikopter gereël het om my ouers op te vlieg. Ek en Jacques beplan daai aand vir ure aan die perfekte uitrusting; dit moet donker wees, want ek gaan sweet; dit moet mooi wees, maar ook nie so mooi dat GJ weet ek weet nie; ek kan nie ‘n rugsak vat nie, want my rug gaan sweet, so ek sit maar hair wax in my broeksak want ek moet net voor ons bo kom my hare fix, dit gaan ‘n gemors wees.

Donderdagoggend kom en ek kan skaars asem haal. Ek. Is. Histeries. Ons ry na die berg ding toe, parkeer die kar, en ons begin klim. Ek het my foon in my een sak en my wax in die ander; GJ het sy foon in een sak en waarskynlik die ring in ‘n ander. Okay, Tiaan, haal asem. Daar is nog ‘n hele berg tussen jou en die ring. Ons begin klim.

Elke tien minute voel ek my foon vibrate, hy is op silent want GJ mag nie weet ek en Jacques konkel nie. Jacques is al gepak en gereed om te vlieg, hy moedig my aan om vinniger te klim.

Toe ons hierdie klim ding geGoogle het, het dit baie duidelik gesê dat Leeukop is soos ‘n 2 op ‘n skaal van 1-10 en dat dit ‘n amateur climb is. Daar was ook stories van mense wat dit in die aand kom klim. Hierdie was glad nie my ervaring nie. So halfpad op is ek en GJ albei baie deurmekaar want ons sien geen ander mense om ons nie, maar ons hou aan daar bo mense sien wat bo bereik en ook afkom. Hierdie is defini-fokken-tief nie ‘n Amateur Climb nie, maar ek klim, pappie. EK GAAN VERLOOF RAAK!

Driekwart-pad op is ek oor dit. “Hou jou ring,” dink ek by myself terwyl ek moedeloos op ‘n klip gaan sit. GJ is soos super pushy; “Jy moet hierdie klaar maak.” Jacques is soos super pushy; “Jy beter hierdie klaar maak.” Ek is soos super gatvol; “Ek wil nie hierdie klaarmaak nie.” Trou klink in elkgeval nie lekker nie. Jacques oortuig my hierdie is deel van GJ se plan, en dat hy daar bo een of ander speech gaan gee oor die journey wat ons al saam loop en die berge wat ons al saam geklim het “but the view is great”. Ek klim.

Omtrent so tagtig persent op sluit ons “paadjie” (ons is letterlik deur die bosse) skielik aan by ‘n actual paadjie waar al die mense letterlik die berg op stap. “Regtig? Is daar ‘n paadjie? Fok dit, ek gaan terug af!” sê ek vir GJ en kies koers agter al die ander mense aan, die berg af. GJ kry my gestop en oortuig my om “net nog ‘n bietjie” te gaan. Jacques raas ook met my en stel my in kennis hy is al op die lughawe. Ek kyk uit vir enige helikopters en/of fotograwe wat perongeluk van my ‘n foto neem.

Side-Note: Weet jy hoe damn moeilik is dit om mooi te lyk terwyl jy besig is dood te gaan?

Die laaste tien persent van hierdie berg is nou soos klim-klim, dit wat ons tegnies al die hele tyd doen, teen klippe op, ystertrappies by die moeilike dele, ‘n leer, sulke snaakse ledges waar een mis-trap jou tot jou dood sal stuur. Mense wat opgaan wag vir mense wat afkom, en andersom, dis ‘n gemors. “Wie de donner sal die ding in die aand kom klim? Is hulle dom?” gil ek ‘n paar keer vir almal in die omtrek om te hoor.

The final stretch. Ek het lanklaas na my foon gekyk, want ek vrees vir my lewe, maar ek weet daar is seker al veertien Missed Calls van Jacques af. My hart klop so vinnig. Ek sien letterlik die bo-kant, en ek kan voel GJ raak ook opgewonde. Hierdie maak my meer nervous. Is ek ooit reg om te trou? Miskien moet ek nee sê? Wie sê nee om te trou? Hierdie man het jou sopas gekry om ‘n berg uit te klim, trou met hom! Terwyl al hierdie gedagtes deur my kop gaan is ek skielik bo-op die berg. OH! MY! WORD! EK GAAN VERLOOF RAAK!

Vir so paar minute staan ons awkward rond. GJ begelei my toe na so klip wat dien as ‘n pragtige uitkykpunt. Ek kyk na elke liewe persoon se gesig om seker te maak dis nie iemand wat ek ken nie. Ek kom agter daar is baie kamera’s besig om goed af te neem. Flashmob?!

Ek en GJ gaan sit op die klip en staar vir so rukkie voor ons uit, ek het sekondes vroeër skelmpies ‘n handvol wax gegryp en ek try so gou as moontlik my hare fix. GJ is doodstil, ek neem aan hy stres. Die volgende oomblik vat hy my been, en begin in sy broeksak vroetel; ek hou op asem haal. “Hoorhier, ek wil net vir jou sê ek is regtig dankbaar dat jy dit uitgehou het en al die pad tot bo gekom het,” …hy vroetel nog so bietjie… “en ek wil net vir jou sê dat ek nie saam enige iemand anders hier sal wil wees nie,” …nog gevroetel… “gaan ons ‘n foto neem?” …en daar, uit sy sak uit, met my asem opgehou, haal hy sy foon uit en begin foto’s neem van die view. En dan ‘n selfie. Wat. Die. Fok.

Ek gee nog nie op nie, ek neem aan die man stres. Ons stap na die official uitkykpunt, jy weet, daai een waar elke wit meisie al ‘n foto by geneem het vir haar Instagram, en hy vra vir ‘n vrou om ‘n foto van ons te neem; okay, hier kom dit!

Ek posisioneer myself so dat mens my gesig kan sien, maar ook die agtergrond, maar ook sodat ek vir hom kan kyk. Hy smile net. Ek is soos “Miskien moet ons nog een neem?” …die vrou neem nog ‘n foto. Na so drie foto’s besluit ek hy’t weer uitgechicken, en ek klim teleurgesteld van hierdie stupid uitkykpunt af.

Ek voel in sy gatsak vir ‘n ring.

Vir die volgende paar minute gaan plaas ek myself op elke mooi klippie op daai berg om hom te motiveer om ballas te groei en my net te vra.

Lyk ek awkward? Ek voel Awkward.

Na so tien minute kom GJ na my toe en hy vra (OHMYWORD!): “So, is jy klaar? Kan ons maar afgaan, of is daar nog iets wat jy wil sien?” … Ek kyk hom geskok aan en vra: “Is daar nie soos iets wat jy nog wil doen, of miskien wil weet of miskien wil vra nie?” … “Nee, ek’t alles gesien wat ek wil.”

Ek WhatsApp vir Jacques “Abort Mission!”

Dikbek klim ek die moeilike gedeelte van die piek af tot daar waar die regte paadjie is. Daar begin ek, meer gewip as Woensdag, die berg af stap.

GJ: “Is jy okay?”

Tiaan: “As ons by die kar kom gaan ek vir jou ‘n ongelooflike snaakse storie vertel, maar vir nou wil ek asseblief net onder kom en nie met jou praat nie.”

*Die res van ons vakansie was werklik fantasties, behalwe dat ek sestig keer die storie herhaal het van hoe ons niks het om te vier nie. Hier is ‘n paar foto’s:

My eerste post op Facebook na ek nie verloof geraak het nie lees: “Ons vier niks.”
Later daai aand vier ons nog steeds niks, maar dis lekkerder en skaakser.
GJ kry wat hy wou hê; Rugby op Nuweland.
Breakfast slush-puppy op Yzerfontein.
Evita se Perron.
Die Taal-Monument, Paarl.
Een of ander padstal, êrens naby Worcester.
WYN!
NOG WYN!
Din-din saam Steffen, Tiffany, Luandri, ek en nie-my-verloofde-nie.
Was mens ooit in die Kaap as jy nie ‘n foto by hierdie bord het nie?

…om vervolg te word…

Over and Out.

Published by TiaanGrey

Teacher and undeniable hopeful.

2 thoughts on “(T)ussen (GJ)ou en My (deel 5)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: