(T)ussen (GJ)ou en My (deel 4)

…vervolg…

Die storie het laas geëindig na GJ vir my vertel het hy is nie lief vir my nie, en as gevolg daarvan het ek my sakgeld (en nog meer) gaan uitgee op Tassenberg en goeie geselskap by Mystics, en moes Marike vir my geld leen.

Van hier af raak die storie vir so kort rukkie bietjie interwoven met klomp ander stories. Ons verhouding het aangegaan; GJ het elke nou en dan in Potch kom kuier; ek het elke nou en dan in Secunda gaan kuier.

Daar was dae wat ek dit gehaat het om in ‘n verhouding te wees, doodeenvoudig omdat ek ‘n student was en nie daarvan gehou het dat daar nou iets “belangriker” was waaroor ek moes worry nie. Ek het nie daarvan gehou om konstant te moet chats bou oor WhatsApp nie. Ek het skuldig gevoel as hy my wil bel (of probeer bel) terwyl ek besig was om te kuier, dit was alles ‘n weird ervaring op sy eie.

Ander dae (meeste dae) was dit vir my wonderlik om in ‘n verhouding te wees. Dit was great om in die oggende wakker te word en te weet hier is iemand wat actually my liefhet. Ek, wat hierdie wrak van ‘n mens is, het iemand so amazing wat letterlik met my WIL praat en van my hou, en tyd met my wil spandeer; what a blessing.

Ons het een of ander tyd ons eerste live show saam gaan kyk; Mumford and Sons (Ek gaan nog BAIE skryf oor live musiek, so ek gaan nie nou veel meer sê nie).

Mumford and Sons, February 2016.

Side Note: Ek is ‘n absolute junkie wanneer dit kom by live musiek, live shows, music festivals en daai soort ding. As ek kon sou ek elke naweek Oppikoppi toe wil gaan. Ek love dit.

Vroeg in April was dit GJ se 30ste verjaarsdag. Hierdie was die eerste groot oomblik in ons verhouding waar ek moes kies tussen myself en GJ.

Die Vrydagaand, wat sy actual verjaarsdag was, het ons gaan eet by twee van sy close vriende; Jurie en Emile. of Emile en Jurie. Hoe om ookal mens dit moet sê, so as not to offend. Ek was nog pure student, so ek het in een van my tight sweatpants, met vuil All-Stars opgedaag, and I felt judged all night long. Jurie het my later in kennis gestel dat hy my wel gejudge het, maar dat hy trots is op die man wat ek geword het wat nou regte wyn drink uit regte wynglase uit.

Die Saterdagaand het Marnél verjaar (en Alewyn, wie ek teen die tyd nog nie geken het nie, maar nog baie oor sal skryf in die toekoms), en ironies genoeg het GJ ‘n groot partytjie gehou by Ridgebacks vir al die bere (‘n Beer is ‘n sub-class in die gay gemeenskap het ek geleer toe ek met GJ begin uitgaan het). Toevallig het Marnél (#FestieBestie) en Alewyn OOK hulle verjaarsdag by Ridgebacks gehou. Wen-wen.

Anyway, so het ek klomp van GJ se gay vriende ontmoet, ek was nooit regtig into die gays nie. Ek voel hulle is almal bitchy, en clingy, en vir mense wat “labeled” en “outcast” voel like hulle dit nogal om hulself te label (Bears, Twinks, Fairies, Cubs, Daddies, Moffies, Twonks, Wolves, Drag ensovoorts). Ain’t nobody got time. Ek het dit nietemin geniet, en myself goed gedra. Een ding wat my baie gepla het is dat die moffies almal mekaar wil soen-groet. As jong seun het ek slegs een persoon in my lewe gesoen en dit was my ma. Later my girlfriend, en nog later my boyfriend, maar hierdie gesoenery van vreemde mense was nie vir my lekker nie, en baie mense (Jacques Nortje) het baie opinies daaroor gehad. Ek het ook heeltyd by sy verjaarsdag weggesneak om by my eie vriende te gaan kuier wat aan die anderkant van Ridgebacks hulle verjaarsdag gevier het. Dit was ‘n weird aand.

Die tema was lumberjacks, want Bears is blykbaar Butch Moffies. Hier is ‘n paar foto’s:

KP en GJ.
Van links na regs: Steven, Robin, Kevin, Stefan (Baba Beer), Johann (ChokeMeDaddyPlease Beer), Gerhard en Marinus (BliksemHoekomIsAlmalSoMooi Beer)
Cheri en Bianca was ook genooi want lesbians is “tegnies” deel van LGBT.
Wilroux, Charlie en Grant.
Nicky, Warren, Phillip en Riaan.
Charlie en Marinus.

Die volgende Saterdag was ek in ‘n moerse panarie. Of Monsters and Men het hul eerste show ooit in Suid-Afrika gehad die middag, en GJ het nog ‘n dertigste partytjie gehou, die een by sy ouers se huis saam die straights; dis nou meer die universiteits-vriende en hul vrouens. Ek moes ‘n besluit neem oor of ek een van my gunsteling bands nog ooit live wil sien (ek het kaartjies gehad) en of ek eerder GJ se ouers wil ontmoet…

Side-Note: Enige iemand wat my ken weet ek HAAAAAAAT dit om nuwe mense te ontmoet, want ek is altyd bang hulle gaan nie van my hou nie. So hierdie ontmoetery van klomp vriende (EN SY OUERS!!!) het my in ‘n totale maagseer van paniek gehad.

…so vind ek myself op ‘n Saterdagmiddag, op ‘n plot/plaas in Lothair (dis letterlik basically in Swaziland) besig om ‘n skaap op die spit te braai (wat daai oggend nog geblêr het) saam mense wat so oud is soos GJ (en onthou, hy is oud) terwyl Marnél elke vyf minute vir my video’s stuur van OMAM se show. Ek het my keuse gemaak, en dit was, in the long run, worth it. Een van my groot herinneringe van die aand was toe een van GJ se vriende, Franz, wat ook nogal ‘n paar keer gaan feature in die toekoms, se meisie Maresia (wat nou sy vrou is), vir my uitgewys het dat al my oupa-grappies oor GJ wat DERTIG JAAR OUD IS (so oud), nie waardeer word nie want tegnies is ek die baba tussen klomp mense met BSc en ingenieursgrade. Ek het haar dadelik gelove en gevrees. Soos Meryl Streep in The Devil Wears Prada.

Die arme skapie in die mooie Lothair.
Franz en Maresia.
Oupa en ek.

Die volgende maand was die Pienk Loerie Mardi Gras and Arts Festival in Knysna. Al hierdie bere (ek het geweier om myself te label) wat ek ontmoet het by GJ se eerste verjaarsdagpartytjie het letterlik ‘n vakansie-oord in Knysna uitgeboek en hom vol gays gemaak (tegnies was die hele Knysna hierdie naweek vol gays), maar hierdie was nou een moerse groep vriende wat almal saam in ‘n vakansie-oord gebly het. Al wat ek gehoor het is ek kry nog ‘n free trip Kaap toe in minder as ses maande, so ek was in!

Pienk Loerie is basies ‘n moerse gay pride festivals. Alles is gay. Die kuierplekke. Die mense. Die kos. Die parade. Die gesprekke. Die Mass-Wedding. Die name van cocktails. Alles.

Op pad soontoe, deur die Karoo, het GJ ure spandeer om my te vertel van die berge en die lae en dat die Karoo eens op ‘n tyd ‘n oseaan was en klippe en wie-weet-watse-kak alles. Ek het aandagtig ge-glimlag, my kop geknik, by myself gedink “ou mense” en oplettend uitgekyk vir ‘n shebeen of enige hut waar ek net ‘n bier kan kry.

GJ, opgewonde oor klippe, êrens op pad Kaap toe.

Ons het uiteindelik die middag laat in Knysna aangekom, ek moes weer klomp van die mense wat ek by sy verjaarsdag ontmoet het soen-groet, en almal is in hulle gay-ste pakkies na ‘n gay bar toe.

Ek onthou baie spesifiek hoe ek en GJ by die deur van die club aangekom het, daar was ‘n Drag Queen wat host/hostess gespeel het. Sy’t ons so op en af gekyk en gegaan; “Are you guys bears?” en nog voor ons kon antwoord “…but of course! Darlings! Welcome!” Okay. Die gays is nogal cool. Ek het die res van die aand probeer om die deur-host(ess) se aksent en stemtoon na te maak. Ek was hooked.

Ek en GJ by ‘n gay-bar.

Die volgende dag het ons besluit om ‘n Date-dag te maak. GJ het gekies wat ons gaan doen en waantoe ons gaan. Hierdie volgende storie is die dag toe GJ my probeer vermoor het:

Ons kom by hierdie cute plek aan, êrens in die Knysna area. Daar is so oulike diner plekkie, en ‘n paar winkels. Ons eet lekker by die diner, alles gaan sover goed. Erens along the way verander dit in my grootste nagmerrie in toe ek uitvind ons gaan nou fokken Zipline. Daar is twee goed wat hy teen nou al van my moet weet; Hoewel ek mal is oor adrenalien, het ek ‘n ongelooflike vrees vir hoogte en vat dit baie voorbereiding vir my om actually kak te doen soos rollercoasters ry en whatever; tweedens is ek vet, so enige event waar ek moet rely op mens-gemaakte apparate om hierdie liggaam in die lug te hou, I ain’t a fan. Anyway, ons gaan blykbaar zipline.

As jy al by Knysna se Tsitsikamma Canopy Tour was sal jy ook weet dat hulle Zipline “experience” is nie soos die een in Natal of die een in Sabie waar jy net EEN KEER van ‘n donnerse platform af hoef te spring en dan cruise jy vir so paar sekondes oor ‘n lang kabel nie (hierdie sal ek actually doen), no ma’am, Tsitsikamma s’n klim jy op in ‘n moerse hoë boom in en dan zipline jy van boom na boom na boom, vir SEWENTIEN donnerse bome, almal tussen tagtig en honderd-en-twintig meter bo die grond. Sodra jy die eerste een gedoen het en dit was nie lekker nie kan jy nie omdraai of afklim nie, want jy’s in die middel van die flippen woud waar daar blykbaar nog luiperde en random olifante ronddwaal, so jy is stuck; hulle lig jou ook hiervan in eers NA jy die eerste een gedoen het.

Obviously pre-trip.

Naturally was ek baie skepties. Ek begin deur vir die gawe oom by die harnas-aantrek-kamer te vra of hierdie ekspidisie my gewig kan dra waarop hy sarkasties antwoord “Those cables can carry a weight of three ton, I think you should be fine.” Ek rol my oë en dink by myself “Ja, jou drol. Maar hierdie harnas wat van cheap seatbelt materiaal gemaak is kan nie noodwendig drie ton support nie.” Hulle laai tien van ons, ge-harnas en al, in ‘n trokkie en ry met ons na boom nommer een. Hierso klim ons ‘n moerse stel trappe of ‘n leer of ‘n ding, ek het al vergeet weens die trauma, en nou moet ons in ‘n volgorde ingedeel word, want ons almal word vasgehak aan ‘n kabel, indien jy dalk gly en val tot jou dood toe, dat jy veilig is. Meneer die Instrukteur, so kort kleurling-mannetjie (shame), is heel voor, dan GJ, Tiaan, ‘n ander couple waar die man die date gekies het en die vrou upset was, en dan nog ses mense van oral oor die wêreld wat vir een of ander rede graag in Suid-Afrika se Tsitsikamma woude wil kom swaai van boom-tot-boom.

Die eerste een is nog exciting, want ek like tog adrenalien. Meneer die Instrukteur verduidelik vir ons hoe om uit ‘n boom uit te spring, en wys ons toe deur eerste te gaan. GJ is volgende; “Wheeeee!” My beurt kom, ek is bang, maar opgewonde, soos wanneer mens in die Tower of Terror se karretjie sit, maar hy’t klaar weggetrek; jy is nou maar hier, so fuck it. Ek spring uit die boom uit; “Whee!” Na al tien maatjies dit veilig tot by boom twee gemaak het hoor ons toe nou daar is nog net sestien bome wat voorlê; iemand fokken skiet my. Asseblief.

Whee.

Ek en die vrou agter my begin in elke boom bitch en moan by mekaar oor hoe kak ons mans is. Dan gly Meneer die Instrukteur, dan GJ, dan ek, dan sy, en sodra sy land begin ons weer bitch en moan.

By die een boom kondig Meneer die Instrukteur aan dat hierdie is nou die stadigste (en ook die langste) een van almal, omdat die decline van ons huidige boom na die volgende een nie baie is nie, basies gly ons nou reguit en nie af nie en dus moet jy nie jou briek-handskoen* gebruik nie. Hy noem ook dat die volgende platform bietjie laag is, so lig jou bene lekker hoog op.

*’n Briek-handskoen is so dik leer handskoen ding wat op jou een hand kom waarmee jy dan die kabel vashou om jouself te laat stadiger gaan op sekere plekke. Neem kennis, die handskoen is blêddie dik en dus kan jy nie regtig jou hand verder as miskien 39 grade buig nie.

Goed. Meneer die instrukteur is eerste, dan GJ, en dan ek. Ek gaan sit vir die hoeveelste keer plat op my dik gat by die afspring-plek, rol my oë, en dan spring ek; “Whee.” Ek doen alles reg; ek raak nie aan die kabel nie, en soos ek die platform nader lig ek my bene lekker hoog op, so hoog dat my dik flippen boude die platform tref en ek terugskiet anderkant toe. In die middel van die kabel kom ek tot ‘n doodse donnerse stilstand. Daar hang ek nou, met ‘n cheap harnas vasgehak aan ‘n kabel wat gelukkig drie ton kan dra, GJ en Meneer die instrukteur voor my, agt ander mense agter my. Ek hang.

Meneer die instrukteur verduidelik vir my om soos kinders op ‘n klimraam myself te “monkey-pull” (dis wat hy dit genoem het) teen die kabel af tot by hulle. Goed, meneer. Ek begin myself met die dik handskoen wat nie kan buig nie en my ander hand trek teen die kabel af, ek kom elke keer so drie meter vorentoe, dan gly die ONNODIGE DIK HANDSKOEN en ek glide weer rustig terug na my punt in die middel van die kabel.

Ek het dit so drie keer probeer doen, en toe net geskree dat ek nou nie meer kan nie. Ek is moeg en my lyf is swaar.

Meneer die Instrukteur besluit toe hy gaan homself na my toe “monkey-pull” en my dan soos ‘n karavaan agter ‘n citi golf aan sleep tot by die platform. Needless to say het dit nie gewerk nie, hy’t sommer vinnig opgegee.

Meneer die Instrukteur radio toe vir ‘n Mejuffrou die Instruktrise, wat so sewe bome agter ons is met haar groep van tien, om te kom help. Mejuffrou die Instruktrise bind toe haar groep vas in die boom waar hulle is, en zip-zip sommer blitsvinnig na ons toe. Ek hang. Somewhere in my hangproses val my bottel water uit my harnas uit en soos ek hom hoor die grond tref, honderd meter onder my, begin ek histeries skree en tekere gaan; “EK GAAN FOKKEN DOODGAAN!!!!!!!!”

Mejuffrou die Instruktrise kom toe nou van die ander kant af om my te stoot, soos eenkeer in graad vyf toe my Ouma Maria probeer om ons Citroën wat in die Namib-Woestyn vassit te stoot. Shame. Sy was nog kleiner as Meneer die Instrukteur. Ek hang net. Ek is pootuit.

Uiteindelik, na ‘n goeie halfuur, kry Meneer en Mejuffrou die Instrukteurs dit reg om my logge liggaam te stoot-trek tot by die platform. Ek rol daar op soos ‘n walrus op die strand en blaas ‘n moerse sug van verligting uit asof ek my nou doodgewerk het.

Die res van ons groep kon toe nou (almal suksesvol) ook die slide klaarmaak. Ek is moeg. Ek is oor dit. Ek is SO oor dit. GJ giggel. Die meisie agter my lyk ook oor dit, maar ek vermoed sy was net oor my wat almal se tyd gemors het. Meneer die Instrukteur kondig met humor in sy stem aan; “Okay, guys! Only four more to go!” Ek, letterlik, kak in my broek.

Net voor ek amper dood is. Kyk daai fake smile.

Uiteindelik klaar, ek en GJ ry in doodse stilte terug Knysna toe vir ‘n braai saam die ander vriende. Ek is oor dit. Ek haat die Kaap. Ek dink ons het daai aand vroeg gaan slaap, ek’s nie seker nie.

Die volgende dag explore ons bietjie Knysna. Ons is op die een stadium by Mitchell’s Beer Brewery vir beer-tasting en ook ‘n toer deur die fabriek ding waar hulle bier maak. Ek staan so ewe op my eie terwyl die man vir ons verduidelik hoe maak hulle bier. Ek dink by myself “Who cares? Where’s the beer?” die volgende oomblik begin hy praat oor Hops (dis ‘n plant wat gebruik word vir iets in bier) en hy gebruik die woord crack. Onmiddelik flits ‘n Will & Grace scene deur my kop en saam met Jack McFarland sê ek perongeluk hardop “He said crack,” en begin vir myself te lag, binne ‘n halwe sekond besef ek dat ek was nie die enigste een nie, en ek kyk om na Jacques Nortje, dieselfde ou wat by GJ se verjaarsdag vir my kak gegee het oor ek nie vreemdelinge wil soen-groet nie, en sien dat hy ook giggel. Dit is basies waar ons oombliklik Besties geraak het.

Links na regs: Ek, GJ, Thabo, Robin, Johann en Bestie!
“Die een is kak, kom ons down hom.”

Die res van die dag is dit ek en Jacques. Na elke slukkie bier sê ons saam “Hy’s kak, kom ons down hom!” Hy was die enigste een van al daai ou mense wat naby aan my ouderdom was en hy’t my so goed verstaan. Dit was wonderlik. Ek begin al hoe meer van die gays hou.

Die aand het ons ‘n kuier by ‘n gastehuis, en Jacques stel my aan die infamous “Bear Bomb” voor; een shot tequila, een shot vodka, een shot Jagermeister, en bietjie red bull. Basically ‘n Jagerbomb, maar hy maak jou instantly blind. Ons beplan ons partytjie vir die aand en GJ kondig aan dat hy is moeg en hy wil bed toe.

Soos wat ek by myself dink “shit, maar ek’t nie geld nie,” gee hy vir my sy kredietkaart aan en sê “gaan geniet jouself.” Fout nommer drie-en-veertig, buddy.

Blykbaar, en ek sê blykbaar want ek onthou hierdie glad nie, het ek by die club inGEHARDLOOP gekom en geskree “Wie soek shots? Ek het pappa se kredietkaart!” en toe ‘n hele toonbank vol tequila bestel, maar miraculously het iemand anders daarvoor betaal. Ek is ook in kennis gestel dat ek op enige gegewe oomblik daardie aand gesien kon word met vier glase in my hand en ek het uit al vier gelyk gedrink sonder om een te mors. Ek sê mos ek was ‘n blêrrie goeie student.

Die volgende oggend word ek wakker op ‘n kussing, op die vloer, langs GJ se kant van die bed. Dit is die dag by Pienk Loerie, die dag van die parade, en ek sien nie eers kans om my hande te beweeg nie. Soos wat ek en Jacques probeer uitfigure hoe de hel ons terug by die huis gekom het besluit ons op oesters en tequila vir ontbyt; blykbaar help dit…

Gj en ek en oesters en wyn en tequila.
GJ en ek en Bestie en oesters en wyn en tequila.
Ek en Bestie reminisce oor gisteraand…

Uiteinde; ons was laat vir die parade, maar betyds vir die foto. Score!! Ek het in elkgeval genoeg al geoefen die naweek.

Op die strand net voor ons moes huis toe ry.

Knysna naweek was die begin van ‘n ongelooflike vriendskap, maar hierdie blog gaan nie nou daaroor nie, dit gaan oor my en GJ.

Nog ‘n foto van my en Bestie.

Die res van 2016 was maar redelik normaal. Teen Junie het ek my ouers probeer oortuig om my nog ‘n jaar te laat swot, hulle het nee gesê.

Julie het ek gestaan vir Studenteraad sodat ek nog ‘n jaar kan swot, en ek het vir die tweede jaar in ‘n ry ‘n stewige tweede plek gekry.

Augustus was my HK termyn verby.

September was ek seker dronk.

Oktober het ons ons tweede live show saam gedoen. Dit was Park Acoustics en dit was amazing!!

Park Acoustics, October 2016.
Park Acoustics, October 2016.

November het ek my finale eksamen op universiteit (of so het ek gedink) geskryf.

Negentien November, drie dae na Donald Trump verkies is as die President van Amerika, het ek en GJ met ‘n trailer my goedjies gery van Potchefstroom af na Secunda, waar ek nog nie eers ‘n werk gehad het nie, maar waar ek geweet het ek wil wees. Nie oor dit Secunda is nie, maar oor dit GJ was.

Vroeg in Desember het ek, na aansoeke by sewe-en-veertig skole, ‘n onderhoud en ‘n pos gekry by Laerskool Hoëveld, sowat 12km van die “huis” af. Bietjie later in Desember het ek gehoor dat ek een van my vakke, wat ek vir drie jaar lank gesleep het, weer gedruip het, en die hêr ook, maar dat ek kwalifiseer vir ‘n rektors-eksamen in Januarie.

Daai Januarie, op my pa se verjaarsdag, agt Januarie, het ek die grootmens-wêreld betree en begin werk. Dertien Januarie het ek my rektorseksamen geskryf en nog voor ek terug in Secunda was het ek gehoor ek het hom geslaag. Uiteindelik het ek letterlik ‘n graad gehad.

Ek het die boyfriend. Ek het die Bestie. Ek het die graad. Ek het die werk. Ek het die free verblyf. What could possibly go wrong?

…om vervolg te word…

Over and out.

Published by TiaanGrey

Teacher and undeniable hopeful.

2 thoughts on “(T)ussen (GJ)ou en My (deel 4)

  1. Seuna, ek kon nie ophou lag nie! Dit is sekerlik skandalig dat ek my kind nou eers leer ken maar ek drink elke detail oor en oor in. En ek HAAT die oor en uit of to be continued of whatever! Jy weet jou ma is ‘n Nathaniel freak maar seriously jy beat hom. Moet NOOIT ophou skryf nie!

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: