For the Love of the Station

Solank as wat ek kan onthou was ek nog altyd ‘n entertainer; ek is mal daaroor om mense te laat lag, huil, kwaad raak en dink. Ek is mal daaroor om mense te laat voel. Vandat ek ‘n sielkundige begin sien het, het ek tot die afleiding gekom dat ek dit vir die grootste deel van my lewe gebruik het as ‘n manier om die aandag op my te hou, maar nie op my situasie nie. What a millennial. Die punt is dat entertaining was nog altyd deel van wie ek is, en deel van wie ek wil wees.

As kind het ek saam my ma Survivor gekyk en gewens ek kan ook daarop wees, nie omdat ek dink ek sal goed wees nie, maar omdat ek dink ek sal great reality TV maak. Ek het op skool Drama gedoen, nie omdat ek goed was daarin nie, maar omdat ek dit so flippen baie geniet het.

In 2013 het ek begin Swot in Potchefstroom. Ek het aangesluit by ‘n koshuis, ek het oudisie vir al die moontlike dele in die Eerstejaarskonsert (selfs die koor) en ek was uiteindelik gekies as ‘n blommetjie-vouer terwyl die res konsert geoefen het.

‘n Ander passie wat ek nog altyd gehad het is liefdadigheid. Ek was nog altyd bewus van die feit dat ek grootgeword het met bietjie meer as die gemiddelde mens. Wanneer my ouers gesê het dit gaan by ons swaar, het hulle gewoonlik bedoel dat ons nie Vrydag EN Saterdag aand kan takeaways eet nie. Ek was nog altyd aangetrokke tot die idee van ander help en ander empower, glad nie om shine te vang nie, maar omdat ek regtig wens dat alle mense kan hê wat ek gehad het.

Die Noordwes Universiteit het ‘n projek wat hulle noem SJGD (Studente Jool Gemeenskapsdiens) en ek was onmiddelik intrigued daardeur. Ek het ons koshuis se SJGD gejoin, ek het by ‘n PUK SJGD-Projek aangesluit.

PUKfm se Katlego-projek.

My eerste amptelike girlfriend, wat ook my eerste soen was in graad ses, Yolandi Janse van Rensburg, was gedurende my eerstejaar die HR-bestuurder by PUKfm 93.6, en sy het my een dag gemessage om te hoor of ek nie sou belangstel om by hulle SJGD-projek ook betrokke te raak nie. Ek was definitief in. Ek het ‘n aansoekvorm gaan haal en hom begin invul. Die heel eerste vraag was gewees “Waarvoor doen jy aansoek?” en een van die opsies was gewees DJ (ek dink dit was dalk radio-omroeper), en ek het dadelik gedink WOW! Ek kan die volgende Whackhead word. Ek merk onmiddelik die blokkie.

Een van die vrae was ook “Wie was jou eerste soen,” en dit was moer awkward om te skryf “Julle HR manager.”

Ek word toe genooi vir ‘n onderhoud en dadelik het ek myself al imagine by die Oscars. Ek het nie regtig baie geweet van musiek af nie, maar ek het geweet hoe om mense te entertain, en dis mos eintlik waaroor radio gaan. Die aand van die onderhoud moet jy iets saambring om te eet wat jou persoonlikheid uitbeeld; ek het opgedaag met ‘n bak roomys, hundreds and thousands sprinkles, en selfoon-sappies vir elkeen. Ek wag nog steeds vir ‘n finansiële reimbursement want daai het basies my volle maand se sakgeld gekos.

Ek het glad nie regtig voorberei vir die onderhoud nie, want ek like nie regtig om voor te berei vir enige iets nie. Ek het vir Ané (sy sal ook nog feature) gevra vir ‘n paar cool, maar onbekende, artists sodat ek kan klink of ek my shit ken, en ek weet ek was op daardie tyd toevallig obsessed gewees met “Roxanne” van The Police. Die persoonlikheid gedeelte van die onderhoud het goed gegaan, maar toe begin hulle my oor musiek vra en ek weet niks en ek onthou spesifiek dat toe hulle my vra van watter bands ek hou, toe het ek ‘n naam opgemaak wat baie hipster geklink het. Ek het gehoor ek is die onderhoud deur.

Daarna moes ons begin shadow het by die regte DJ’s; my heel eerste shadow slot was ek in studio saam met Hanno Labuschagne, en die heel eerste keer wat hy my toegelaat het om On Air te gaan het hy vir my gevra wat is my gunsteling deel uit Harry Potter uit (hy is ook ‘n moerse fan) en ek het kliphard op die radio geantwoord “Not my daughter, you bitch!” Ons het gelag, want dit was cool, maar hy het ook vir my gesê ons moet eintlik probeer om nie te vloek op radio nie. Cool cool cool cool cool.

Die volgende fase van ons opleiding was graveyard shifts (00:00-03:00) in die nag. Ek het 8km van kampus af gebly in daardie tyd, my ouers het vir my ‘n R999 fiets gekoop by Game, hy was pers, ek moes hom self aanmekaar sit en sy pedale het heeltyd afgeval as ek probeer ry met hom, so ek het gewoonlik geloop of net klas toe gegaan as Chéri ook klas gehad het (sy het ‘n kar gehad).

Met my eerste graveyard shift het Chéri gesê ek mag haar kar leen, ek het al 23:00 gery op my agt kilometer journey kampus toe want ek is bang ek’s laat. Ek het in die studio gesit soos ‘n poephol en wag vir twaalf uur, en so vyf minute voor twaalf toe kom ‘n meisie in en stel my in kennis dat my graveyard shift is eers môre aand. Cool cool cool cool cool.

Lang storie lank, ek het deur al die stappe gekom en ek was uiteindelik gekies om deel te raak van die PUKfm-span.

Min mense weet hierdie van my, maar my sielkundige het aan my geopenbaar dat ek eintlik ‘n introvert is. Baie aspekte van my persoonlikheid was geshape om in die samelewing in te pas. Ek was skaam, maar het dit altyd gesien as insecure omdat ek oorgewig is. Ek is eintlik glad nie insecure nie. Ek was entertaining, maar het dit altyd gebruik as ‘n meganisme om ander gelukkig te maak in plaas van myself. Ek figure dit nog self uit, maar die punt is dat my ingebore personality traits het ek either verkeerd gebruik of weggesteek omdat vet mense nie hoort confident te wees nie.

Ons het vir Charonike ‘n surprise birthday gereël.

PUKfm vergaderings was op Dinsdae aande. By ons (die newbies) heel eerste vergadering het ons (die newbies) almal so half in ‘n vêr hoekie van die lokaal gaan sit. Die vergadering het afgeskop met ‘n Music Test (wat de hel, guys?). Ek het iets soos 2 uit 20 gekry, die ander newbies ook, en ek het as ‘n grap dit announce en net so bot “Dis nie iets om op trots te wees nie,” teruggekry van Amoré af, sy was daardie tyd die stasiebestuurder. Ek het so groot geskrik uit hierdie reaksie uit dat ek vir ‘n goeie maand myself heeltemal isolated gehou het van PUKfm se mense, so terwyl al die ander newbies vriende gemaak het en in die kantoor begin kuier het, het ek my werk gedoen, my kop laag gehou en weer geloop.

PUKfm kamp was in Maart van daardie jaar. Ek was nog nooit goed met kampe nie, want ek is vet en ek snork, so raai wie was altyd almal se target wanneer dit kom by tandepasta in die hande en deep heat in die onderbroeke? Ek het baie bang op hierdie kamp gegaan, want ek het geweet ek is die odd een.

Daar was hierdie cool groep gewees; Mariska (alumni), Marnus (alumni), Wian (bestuur), Charonike (bestuur), Tarina (bestuur), Hanno (bestuur), Jeanne (newbie) en Anya (newbie). Jis, ek het begeer om saam met hierdie mense rond te loop met ‘n “oortjie” tassies in die een hand en ‘n “oortjie” OBS in die ander, maar ek het maar myself bepaal by my eie dinge. Die een aand van die kamp, na ons gebraai het, het ek gesien daar sit ‘n meisie ook eenkant en ek het maar by haar tafel gaan sit.

Side note: My ouma Maria het Parkinson’s, en ek het van jongs af altyd haar gespot as sy die rys van haar vurk af bewe tussen die bord en haar mond, sy het my altyd aangekyk en gesê “Wat lag jy, Rolly Polly? Miskien sal Parkinson’s jou ook goed doen.”

Terug na die storie. Ek sien hierdie meisie skud ook so al haar kos van haar vurk af terwyl sy probeer ‘n happie vat en ek maak ‘n opmerking oor Parkinson’s en my ouma, en sy klap terug met ‘n vet grappie. Marike van der Walt was instantly een van my beste maatjies omdat sy iemand is wat ‘n insult kan terugslaan soos Roger Federer ‘n tennisbal slaan. Ons het heerlik gepraat en mekaar leer ken en teen die einde van daai aand mekaar nicknames gegee en ek het gevoel of ek begin inpas.

Aardklop-braai. Hoe beskryf mens Aardklop-braai? Elke jaar, net voor Aardklop, is daar ‘n groot kuier vir die PUKfm’ers om op te psyche/dronk te raak voor die strawwe week van konstant met celebrities uithang en free shows kyk. Een van PUKfm se borge op daardie tyd was Turbovite en ek onthou baie duidelik hoe daar op al die tafels bokse vol Turbovite sachets was (WAT. DE. HEL?). ‘n Ander ding wat ek die aand geleer het is dat by PUKfm is 30 Seconds ‘n kompeterende span-sport en word dit nie ligtelik opgeneem nie. Ek is self ‘n aggressiewe 30 Seconds speler, maar het die aand net waargeneem. Charonike en Amoré se span was in die pylvak en die finale vraag wat Charonike vir Amoré geskree het, wat hulle sou laat wen, was “GEE JOU HART VIR?” en soos die laaste korreltjie sand uit die glasie uitval gil Amoré terug “JESUS!!!” Hulle het nie gewen nie. Die korrekte antwoord was Hillbrow. Ek was none-the-less baie aangetrokke tot hierdie manier van kompeterende bordspeletjies speel.

Ek en Mariska by my eerste Aardklop-Braai.
Aardklop 2013 met Charonike, Jeanne, Veronique en Red Bull.

PUKfm het al hoe meer deel van my geraak. Teen die eerste dinee was ek al (soortvan) vriende met meeste van die mense, ons het nooit saamgekuier nie, maar ons was altyd vriendelik met mekaar.

Teen die volgende kamp was ek deel van die koel kids soos ek ons self gedoop het. Ons het ge-skinny-dip in die Vaalrivier, gin gedrink tot dit op was en toe papsak nader gesleep, gedans en gesing. Hierdie mense was my mense.

Die koel-kids by PUKfm kamp 2014.

In my tweede jaar by PUKfm het ek ook bietjie meer gemaklik geraak en dus was ek meer in die moeilikheid. Een keer het ek perongeluk, soos regtig perongeluk en met geen intensies nie, die n-woord oor die lug gesê, en toe tien sekondes later terug op die lug gegaan om te sê “Jammer dat ek sopas n****r gesê het.” Dit was ‘n slegte een. So week later het ek, weereens regtig perongeluk, ‘n stoel gebreek in die studio en teen WR se witbord geskryf “Jammer oor die stoel. xoxo Gossip Girl” met die idee dat almal gaan weet dit was ek. Hulle het hierdie in diepte geondersoek en toe hulle met handskrif-forensiese-wetenskaplikes uiteindelik weke later bepaal het dit was ek, toe word ek getug. My defense; ek dog nog heeltyd julle weet?; Ek het niks weggesteek nie?; Kan ek vir julle ‘n nuwe stoel koop? Dit was strike twee teen my naam en op strike drie was mens uit.

Daar was nog ‘n hele paar gevalle, maar elke keer het Charonike (wat teen die tyd toe nou Stasiebestuurder was) net na my toe gekom en gesê “Asseblief hou op kak aanjaag, ek wil jou nie fire nie.”

Dinee van 2014 onthou ek slegs vier goed:

  1. Daar was ‘n open bar tab van R3000 en my tafel het persoonlik seker R2600 daarvan gebruik.
  2. Daar was ongelooflike sexy foto’s geneem van ons.
  3. Dit is die aand wat die slut-drop gebore was.
  4. Ek het ‘n Jug gebreek en dit in die hoek van die saal by een van die ander tafels gaan wegsteek.
Een van die sexy foto’s saam Mariska en Tarina.
Nog ‘n sexy foto saam Niel, Jeanne en Gerik.
NOG ‘n sexy foto saam Jeanne.

Teen einde 2014 het ek al twee van my eie shows gehad; Local Top 30 op Woensdae aande en Behind The Scenes op Donderdae. Ek en Sharon het ook SURPRIIIIIIIIISE! gedoen wat ons Lunchtime show was. Ek het elke sekonde van PUKfm gelove. Ek het ook hierdie jaar HK geword by die koshuis, maar het dit baie duidelik gemaak dat PUKfm eerste kom, altyd.

SURPRIIIIIIISE with Sharon Rangaka. ❤
Ek en Elreze kry Domino’s pizza tydens Behind The Scenes.

2015 Dinee was Seksie Kat-Ogies my date gewees; Anuschka Jacobs. Ons het great gelyk, ons het awesome Titanic-inspired foto’s geneem by Mystic Boer en dit was ‘n moerse party. Soos elke ander keer.

Ek en Sexy Kat-Ogies; Anuschka Jacobs.

Desember 2015 het ek die voorreg gehad om saam PUKfm by Klein-Kariba Studentejol te MC. Hierdie week op sy eie was ‘n opsomming en uitbreiding van alles wat PUKfm en sy mense is. Ons het gelag en baklei. Ons het snaakse konkoksies van leftover drank gemaak. Ons het te veel bacon en burger Mayo geëet. Ons het Vodka en Creme Soda slushies gedrink. Ons het ons eie kreet ontwerp; “Weet jou ma jy’s hier?” Ons was 100% ‘n messed-up, dysfunctional unconditionally loving familie gewees.

Klein-Kariba Studentejol 2015 saam Elreze, Johane, David, Sean, WR, Charonike en Anike.
#Team936 by Klein-Kariba Studentejol 2015.

In my finale jaar op universiteit moes ek PUKfm vroeg in die jaar groet omdat my ouers definitief nie keen was vir my om nog ‘n jaar te swot nie, so ek moes actually swot. Ek het my koshuis-kind, Charl van Loggerenberg, aangemoedig om aan te sluit en my legacy voort te leef. Hy het dit gemaak (en uiteindelik ook baie verder as ek gemaak). Daardie jaar was ek by PUKfm dinee gewees as Charl se metgesel en dit was ‘n ongelooflike, maar ook hartverskeurende, oomblik om te leef. I was both within and without.

PUKfm sal virewig deel van my wees, en die lesse wat ek geleer het by die mense wat daar is, was en nog sal wees, is lesse wat my gemaak het wie ek vandag is.

Amoré Truter (nou Swanepoel) het my geleer dat mens jou doelwit sal bereik, solank as wat jy na elke hou opstaan en weer probeer.

Jeanne Mulder, Mariska Kuit, Tarina Mulder en Anya Potgieter het my geleer om altyd aan te hou dans, selfs al dans jy weird en selfs al dans jy alleen. Jy. Mag. Dans.

Ek, Jeanne en Mariska een aand by ‘n dans in Mystics.
Ek en Jeanne, PUKfm dinee 2016.

Anuschka Jacobs het my geleer dat ek waardig is om liefgehê te word deur mooi mense, en dat ek altyd iets sal hê om oor confident te voel.

Landi Malan (nou Slatter) het my geleer dat mens mag hou van Tweak en Jan Blohm op dieselfde tyd en dat jy netsowel jou beste kan gee, aangesien jy dit in elkgeval gaan doen.

Johané Turkstra (nou Scott) het my geleer om altyd op te staan vir wat reg is, maak nie saak wie jou probeer terughou nie.

Gerik Slabbert het my geleer dat daar absoluut niks fout is daarmee om saam te sing met ‘n Ariana Grande nommer nie, en ook om unapologetically myself te wees.

Marike van der Walt leer my nog elke liewe dag nuwe goed. Sy het my geleer om braaf te wees, om vulnerable te wees, om oop te wees, om te maak of ek nugter is, om pret te wees, om ernstig te wees en nog soveel soveel meer.

Charonike Nel, my girlfriend. Charonike het my geleer dat elke dag wat mens lewe, ‘n droom is wat waar word. Sy het my geleer dat mens alewig dankbaar en trots moet wees op wat jy het, al gaan dit môre weg wees. Sy het my geleer om myself lief te hê voordat enige iemand anders my liefhet. Charonike het my geleer om beter te wees selfs as ek dink ek is die beste. Sy het my geleer om my hele wese in ‘n projek in te sit, dan sal die vrugte groter wees as wat jy ooit kon imagine. Charonike het my geleer om trots te wees op wat ek wil hê totdat ek dit het, en dan dankbaar daarvoor te wees ELKE LIEWE DAG!

Ek saam met een van grootste inspirasies in die lewe; Charonike Nel, PUKfm dinee 2016.

Een van die goed wat ek altyd gedoen het is om die persoon wie ek interview te vra vir hulle kouse (wat hulle aanhet) in ruil vir ‘n nuwe paar kouse. Slegs een persoon het ooit nee gesê. Hier is ‘n paar foto’s van mense wat hulle kouse vir my gegee het:

Ruan Kruger.
Ons almal en Chris Chameleon.
“Molly en haar Wors.” – Lizz Meiring op Twitter, Aardklop 2013.
Crowns fit for Aking.
Len Muller.
Francois van Coke.
Tristan Coetzee, December Streets.
Gangs of Ballet.
We Are Charlie.

PUKfm 93.6 was van dag een af soveel meer as net radio en ek is virewig dankbaar vir die voorreg om deel te kon wees daarvan. “For the love of the Station!” ❤

Over and out.

Published by TiaanGrey

Teacher and undeniable hopeful.

One thought on “For the Love of the Station

  1. Jy is doodeenvoudig uniek, amazing en my eie persoonlike seun!! Trrroooottttsss op jou xx mooi geskryd. Ek love die Jesus!!! Skreeusnaaks

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: