(T)ussen (GJ)ou en My (deel 3)

…vervolg…

Op 13 Desember 2015, toevallig ook my nefie, Adam, se vyf-en-twintigste verjaarsdag, was ek vir die tweede keer in my lewe in ‘n amptelike verhouding (die eerste een met ‘n seuntjie).

Voor ek verder gaan moet ons eers gesels oor die age-gap. GJ is gebore in April 1986; Ek in Desember 1992; dit plaas omtrent so Ses jaar, agt maande en sestien dae (min-of-meer) tussen ons. Dit beteken baie goed, byvoorbeeld, die jaar toe GJ graad een toe gaan was ek nog nie eers ‘n fetus nie. Die jaar toe ek graad een toe gaan het GJ met hoërskool begin (Ek was laat in die skool gesit). Die jaar toe ek matrikuleer (2011) het GJ al ‘n graad en ‘n honneurs klaargemaak (Viva Sonop) en was hy ‘n amptelike grootmens. Let that sink in; ek moes.

Ek is nie iemand wat hamer op sulke goed nie (dis leuens, ek is 100% iemand wat hamer op sulke goed), maar as ek in graad ses vir my ouers gesê het dat ek uitgaan met ‘n eerstejaar student; hetsy dit ‘n seuntjie of ‘n dogtertjie was, sou ek waarskynlik nie vandag hierdie blog kon skryf nie, want dis onaanvaarbaar. Ek is nie seker wanneer presies in ‘n mense se lewe is die age-gap nie meer ‘n ding nie, maar dit is nie, of dit was nie vir my nie (behalwe elke tweede dag as ek vir hom vertel hoe oud hy is, maar dan verdien hy dit).

Verskoon my hare, ek was ‘n student.

‘n Ander ding waaroor ons moet praat is die bed-deel situasie; my ouers was nooit baie streng ouers gewees nie, soos ek al voorheen genoem het was hulle great ouer-kind-ouers/volwassene-ouers, maar oor een reël was hulle baie ernstig, nie ek of my sussie mag ‘n bed gedeel het met ‘n potensiële pasmaat nie. Nie eers al was ek finale-jaar op universiteit nie. My sussie het op skool altyd gekla want as agt van my vriendinne kom oorslaap, mag hulle almal in my kamer, in my bed, agter ‘n toe deur slaap, maar as seuntjies by haar gaan kuier het mag hulle nie eers in haar kamer gekom het nie. Wel, Carmia, nou weet jy, blykbaar was ek al in graad vier toe hulle besluit het my vriendinne mag in my kamer wees, maar geen seuntjies nie!

Anyway. Official. Nog nie Facebook-official nie (GJ is baie oud en verstaan nie die belangrikheid van ‘n sosiale media verhouding nie), maar ons was offish offish. Soos Will Smith en Jada Pinkett; Brad en Ange.

As student was een van die voordele dat ek nog (verniet) saam my ouers met vakansie kon gaan, so daardie naweek, 17 Desember 2015, vertrek ons toe vir ‘n Kers-vakansie op die Suid-kus. Die eerste week is ons (ek, my ma, my pa en Kristi) alleen met vakansie in Scottburgh. Ons woon in een van my pa se vriende se 3-slaapkamer huis, en hulle stem in dat GJ vir ‘n paar dae mag kom join (hy kry sy eie kamer); die Vrydagmiddag na werk (HAHAHAHAHA hy moes nog werk) vlieg hy af, en die Maandag weer terug (HAHAHAHAHAHA werk).

Ons was darem Thirsty Whale toe vir ‘n R&R bucket.

Die res van Desember sien ons nie veel van mekaar nie. Ek is saam my familie by die see, Niel het ook êrens voor nuwejaar afgevlieg (of kant toe gevlieg, ek ken nooit die regte terme nie) van sy familie se Kaap-vakansie af; ons het hierdie tradisie gehad om elke new-years bymekaar te spandeer. Dit het vir presies twee jaar gehou.

Ek het vir Niel gaan optel op die lughawe.

Januarie moes ek al vroeg terug in Potch wees vir “HK verpligtinge” wat eintlik net geheime taal is vir “ek gaan waarskynlik nog ‘n rib kraak”. Ek het voor dit by hom gaan kuier in Secunda (*kots emoji) vir ‘n paar dae, omdat hy wou hê ek moet van sy vriende ontmoet (*anxiety emoji) en toe is ek gefokus op my harde en toegewyde werk as ‘n HK-lid.

My harde, toegewyde werk as HK-lid; leer Eerstejaars hoe om te Draak.

Iets anders wat niemand van my weet nie, maar ek tog al genoem het, ek was ‘n moer goeie student; weereens, dit beteken ek kon baie goed student en dit beteken nie dat ek goed gedoen het nie. Party mense sal hierdie nooit glo nie, maar ek was nogal ‘n asshole met GJ gewees, tot so mate dat ek myself sou los as ek my boyfriend was, want in Potch, wanneer ek ge-student het, het ek gefokus soos ‘n honderd-meter atleet by die Olimpiese Spele. Ek het geweier dat enige iets en enige iemand my aandag aftrek. Ek het ge-student soos Zola Budd gehardloop het; blêddie goed en gewoonlik sonder skoene aan.

So, soms het ek vir ‘n dag of twee vergeet om vir hom hallo te sê, en vergeet om enigsens my foon saam met my te vat as ons van 06:00-23:00 eerstejaars entertain en dan van 23:00-05:59 onsself entertain, vergewe my, ek is maar net student.

JOOL-week was ook ‘n ding, en ons verhouding was in daardie tyd nie heeltemal ‘n ding nie; ek is lief vir jou, maar my koshuis het soos drie aktiewe lede wat bou aan die vlot; en ek lê in die swembadjie en maak seker hulle doen dit reg! EK! IS! BESIG!

Voete op, soos net my oupa kon.

Ons general ooreenkoms was dat hy eenkeer ‘n maand, soms meer, by my kom kuier het, want ek is arm en Potch is cooler as Secunda.

Ons eerste Valentynsdag:

Niel het teen hierdie tyd een van my ander beste maatjies, ek noem haar my #FestieBestie (daar sal nog ‘n storie wees), Marnel, begin date; sy bly in Pretoria en Niel is obviously ook in Potch.

Vrydag, 12 Februarie, ry GJ deur Potch toe om Valentynsdag-naweek saam my te kom spandeer. Ons reël dat hy vir Marnel by ‘n Gautrein (Gautrain?) stasie in Johannesburg (dis basically op sy pad) optel sodat sy by Niel kan kuier. Dit was blykbaar ‘n baie awkward trip, want hulle het mekaar nog nooit ontmoet voor dit nie, so Marnel het basies in ‘n vreemde oom (GJ is oud) se kar geklim, en hy het die hele pad na die krieket geluister op R2000. Ek dink nie Marnel het daarna al ooit weer saam GJ êrens heen gery nie; nie oor hy oud is nie, maar oor die krieket, ek het ook ‘n probleem daarmee.

Vrydagaand is lekker en rustig. Dit was (en is nog steeds) genuinely vir my elke keer ongelooflik om hom te sien as ons vir ‘n lang ruk nie mekaar gesien het nie. Ek spot baie oor hoe ek vergeet van hom, maar elke keer as ek sy gesig sien (na ek hom vergeet het) is dit vir my soos die hemel.

Saterdag, 13 Februarie (EK IS AL TWEE MAANDE IN ‘N VERHOUDING!!!), gaan ek, GJ, Niel en Marnel Parys toe op ‘n double-date want ons is nou daai mense. Ons drink cocktails, eet lekker, kuier lekker en gaan terug huis (kommune) toe. Teen die tyd het ek darem al in een van die enkel woonstelle gebly so dit was minder studentehuis en meer volwassene-huis (met klomp gesteelde glase en leë drankbottels uitgestal op my boekrak en concert tickets en foto’s geplak teen my muur). Ek het die Saterdagaand ‘n SJGD-dinee aan, so ek los vir GJ by Boeketoe en gaan eet en drink verniet. DUH.

My kamerversierings. Ten minste is daar cool boeke in my rak.
Nog kamerversierings. Ek was (is) ‘n groot Van Coke Kartel fan.

Sondag, 14 Februarie, ons eerste Valentynsdag; ek dink GJ het vir my ‘n teddy gekoop, ek het nog op Facebook iets gepost soos “a Bear from my bear” of so iets, ugh, ek is so stupid partykeer; ek het vir hom baie liefde en affection gegee want ek is arm en ek kry eers môre (die 15de) sakgeld. Ons gaan fliek en kyk How To Be Single, want hoekom nie. Na die fliek stick hy my vir lunch voor hy moet terugry huis toe, en daar het ons ons heel eerste fight (wel, in my kop was dit ‘n fight) gehad.

A bear from my Bear. ❤

Ek het gedroom oor lewe in New York, ek het regtig, en na die fliek, hoe kan mens nie droom daaroor nie? So in ons gesprek bring ek die topic op van oorsee gaan en GJ se spesifieke woorde aan my was gewees “Ek is lief vir jou, maar nie so lief vir jou nie.” I get it, ons is nou maar eers twee maande saam, eendag sal hy wees.

Net voor hy vir my gesê het hy is nie lief vir my nie.

GJ was nog nie eers uit Potch uit nie, toe het ek al klaar die troepe opgeline vir Sondag-aand Mystics. Ek het hierdie habit gehad, in die maande waar ek op ‘n Maandag sakgeld kry, om my kar Sondagaand Mystics toe te ry, my sleutel in te gee om ‘n bar-tab oop te maak, en dan met my spaar sleutel huis toe te ry. Dan het ek altyd later die Maandagmiddag teruggery en gaan sê “ek was so dronk, ek dink ek’t vergeet om te betaal!”, maar ek dink hulle het dit geweet en my in elkgeval toegelaat want ek het ALTYD terug gekom. Ek sal altyd terug gaan.

Daardie aand, however, het ek my hele sakgeld x2 op my tab spandeer, want GJ het gesê hy is nie lief vir my nie, en ek moes die volgende dag vir Marike (‘n ander karakter oor wie daar nog ‘n paar stories gaan wees) in trane bel om vir my ‘n duisend rand te leen, want my sakgeld was op die dag wat ek dit gekry het.

Ek en Jeanne Mulder, Valentynsdag 2016, Mystic Boer Potchefstroom.
Ek en Niel van Eeden, Valentynsdag 2016, Mystic Boer Potchefstroom.
My eerste, of laaste, bottel Tassenberg, Valentynsdag 2016, Mystic Boer Potchefstroom.

Ek was ook nie daai Maandag-oggend by my 07:30 klas nie.

…om vervolg te word…

Over and out.

Published by TiaanGrey

Teacher and undeniable hopeful.

One thought on “(T)ussen (GJ)ou en My (deel 3)

  1. Ek love jou. Jy weet, elke week kan ek nie wag vir jou storie! En elke week leer ek ‘n nuwe fasset van jou alhoewel ek claim om jou te ken. Jy is die oorsaak dat ek weekliks overdose op Urbanol!!! Maar ek love jou steeds. Net al meer

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: